Landbouweekblad

WOL AS VOLHOUBARE PRODUK BIED GROOT KANS

- — FREDALETTE UYS

VERBRUIKER­S begin ál meer skuldig voel oor die uitwerking van hul aankope op die omgewing, en die wolbedryf moet nóú die kans aangryp om wol as volhoubare produk aan verbruiker­s te bemark.

Volgens mnr. Peter Ackroyd van die Campaign for Wool heroorweeg verbruiker­s tans hul denke en koopkeuses, en daar is ’n geleenthei­d om nuwe volhoubare bedrywe te skep.

“Wol is die ekologiese keuse. Die boodskap van volhoubaar­heid moet uitgedra word sodat eerder natuurlike as sintetiese produkte gebruik word,” het hy op die jaarkongre­s van die Internasio­nale Woltekstie­lorganisas­ie (IWTO) gesê.

Verbruiker­s verwag al hoe meer volhoubare produkte in hul mandjies, het me. Dalena White, sekretares­se van die IWTO, bygevoeg.

“Met die hulp van sosiale media en moderne kommunikas­ie word twyfelagti­ge praktyke blootgelê. Die natuurlike veselbedry­f moet seker maak hy staan voor in die ry wanneer verbruik herstel word.”

KOOLSTOFSP­OOR

Die modebedryf is ’n groot sondaar wat die vrystellin­g van koolstofga­sse betref, het Ackroyd gesê. Die bedryf het in 2018 ongeveer 2,1 miljard ton koolsuurga­s vrygestel.

Al hoe meer mense vra vrae oor die goedere wat hulle koop, en veranderin­ge sal aangebring moet word aan hoe klere vervaardig word.

“Dit is belangrik dat die volgende geslag kleremaker­s en verbruiker­s opgelei word oor die gebruik van natuurlike en volhoubare produkte soos wol, wat weer in die grond ingewerk word,” aldus White.

Volgens mnr. Dave Maslen van ZQ Wool, ’n Nieu-Seelandse maatskappy wat tegnologie en herlewings­landbouteg­nieke gebruik om volhoubaar geprodusee­rde wol aan die mark te lewer, is daar tans ’n reuse-geleenthei­d vir die veselbedry­f.

Dit is te sien in die veranderin­g in verbruiker­s se gedrag. Hy het gesê mense begin volgens hul waardestel­sel koop, en dat hulle skuldig voel oor hul aankope.

“Die skuif kan gemaak word van verbruik wat ’n probleem is, na waar die aankoop van produkte soos wol ’n oplossing bied, want daar word aan die natuur teruggegee. Daar word na oplossings gesoek en natuurlike vesel bied dit.”

Maslen het gesê volhoubare materiaal soos wol was ongeveer 15 jaar gelede nog ’n nismark, maar dit word al hoe meer deel van die hoofstroom­gebruik.

Mnr. Stephen Wiedemann van Integrity Ag and Environmen­t, ’n Australies­e landboukon­sultantema­atskappy, het gesê klimaatsve­randering is ’n meganeigin­g wat die politiek, globale handel en voorsienin­gskettings laat verander.

Wol word egter gesien as ’n groot vrysteller van kweekhuisg­asse omdat die meeste daarvan op die plaas, deur die diere self, vrygestel word. Daar word egter nie rekening gehou met die koolstof wat boere in die grond vaslê met diere en plante nie.

BEPERK VRYSTELLIN­GS

Die produksie van koolstofne­utrale wol is dus wel moontlik en vrystellin­gs kan op etlike maniere op die plaas beperk word.

■ Die verminderi­ng in kweekhuisg­asvrystell­ing by diere deur die gebruik van nuwe voerbymidd­els, hoewel die opsies, soos asparogops­is-alge, nog in die toetsfase is.

■ Beter kuddeprodu­ktiwiteit, soos beter speenperse­ntasies, beter uitsette en meer wol per skaap beteken minder vrystellin­gs per dier.

■ Koolstof kan in plante vasgelê word danksy die aanplant van bome of inheemse plante, tesame met die vaslegging van koolstof in grond, deur herlewings­landboubeg­insels.

 ?? FOTO: IWTO ?? Kenners meen die tyd is ryp vir die wolbedryf om homself as ’n volhoubare tekstielbr­on te bemark.
FOTO: IWTO Kenners meen die tyd is ryp vir die wolbedryf om homself as ’n volhoubare tekstielbr­on te bemark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa