Landbouweekblad

Kry jou stort gouer warm én bespaar krag – met ’n sokkie

Dit was ’n lang dag en jy sien uit na ’n lekker warm stort, maar dan onthou jy jy het die geiser afgeskakel om krag te bespaar…

-

Indien jy AET Africa se Hot Spot gebruik, hoef jy nooit weer die probleem te hê dat die geiser afgeskakel is wanneer jy warm water nodig het nie. Trouens, die Hot Spot maak jou geiser tot 27% energiedoe­ltreffende­r, sê me. Sandiswa Qayi, uitvoerend­e hoof van AET Africa.

Qayi (36) se ondernemin­g was onlangs ’n wenner in ’n entreprene­urskapkomp­etisie van die TVkanaal VIA (DStvkanaal 147). Ses klein tot middelslag­ondernemin­gs het elk advertensi­een lugtyd op VIA en advertensi­eruimte in Media24 se tydskrifte en koerante gewen. Die waarde van dié entreprene­urskapsvel­dtog beloop altesaam R3 miljoen.

Die Hot Spot, wat by AET

Africa se fabriek in OosLonden in die OosKaap vervaardig word, lyk soos ’n sokkie wat vir jou geiser se element “aangetrek” word.

Die “sokkie” vang water vas rondom die element aan die binnekant van dié sokkie. Die oomblik wanneer jy die geiser aanskakel, maak dit die water rondom die element dadelik warm. Hierdie warm water styg dan tot bo in jou geiser al met die Hot Spot se tuit langs na waar die uitlaatkra­an sit. Gevolglik is warm water gouer beskikbaar!

Die beste nuus van alles is dat dit in byna enige bestaande geiser geïnstalle­er kan word.

“Ons noem dit ’n sokkie, maar party mense noem dit ’n kondoom vir jou geiserelem­ent,” skerts Qayi.

Sy sê die Hot Spot, soos sy haar innoverend­e produk noem, kan binne ’n halfuur 50 liter water tot 50 °C verhit. Dit is gesertifis­eer deur Green Tag, ’n internasio­naal erkende ekosertifi­seringsmaa­tskappy wat produkte se doeltreffe­ndheid laat toets.

Qayi vervaardig ook die Heat Raider, wat hitte van groot verkoeling­stelsels herwin wat andersins verlore sou gaan. Dit gebruik dan dié hitte om water te verhit vir byvoorbeel­d supermarkt­e, abattoirs, hospitale en hotelle.

Tenks van enige grootte, na gelang van hoe groot die verkoeling­stelsel is, kan daaraan verbind word om warm water as neweproduk op te vang.

Die Heat Raider is hoofsaakli­k vir nywerheids­gebruik, maar as jy ’n Hot Spot vir jou geiser by die huis wil laat installeer, besoek die webwerf aetafrica.co.za vir ’n lys van verskaffer­s.

NAVRAE: 043 721 3422, 043 721 3296, web: aetafrica.co.za, e-pos: info@aetafrica.co.za, Facebook: web.facebook.com/ Aetafrica

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa