Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- DAVE MIDGLEY

My vraag is op die volgende scenario gegrond: Ek deel my ooie in agt groepe en roteer hulle 30 dae by die ram, vyf maande dragtig, drie maande speen, een maand herstel en een maand by die ram. Ek het elke maand ooie wat lam en kan maandeliks lammers bemark. Hoe volhoubaar is dit? Ek kan my ooie op viertandou­derdom vervang.

Jou voorstel is nie volhoubaar is nie. Jou insetkoste sal hoog wees, veral as jy van sinchronis­asie gebruik maak. Dit is ’n “stadige stelsel” waarin relatief lae uitsette nie die insetkoste behoorlik kan dek nie.

Dit is nie ’n goeie idee om jou ooie op viertandou­derdom te vervang nie. Ooie bereik topproduks­ie eers vanaf dié ouderdom. Jou kudde gaan te jonk wees en jy gaan produksie inboet.

Indien jy agt groepe ooie het en elke maand ’n groep ooie het wat lam, is jy in een van die variasies van die agtmaandel­amstelsel. In jou stelsel paar en lam diere elke maand. Dit is onnodig omdat skape nie elke maand hoef te lam om vir elke maand ’n inkomste te gee nie. Indien daar dus agt ooigroepe is wat vir een maand gepaar word, vyf maande dra, drie maande soog en een maand rus, is dit ’n tussenlamp­eriode van nege maande.

Jou voorstel soos jy beskryf is nie ’n stelsel nie, maar ’n klomp siklusse wat afsonderli­k bestuur sal moet word. In die stelsel van nege maande het ons eintlik net twee variasies – opsie 4 en opsie 8 hieronder, met drie ooigroepe in opsie 4 en vyf ooigroepe in opsie 8.

In bogenoemde model gaan die ooie wat in Januarie gepaar word, in Junie lam, in Julie en Augustus soog en in September rus om in Oktober weer gepaar te word. Met agt paargroepe gaan September dus ’n oop, dekvrye maand wees. Selfs dan gaan die ooie wat laat vat, nie hul volle drie maande soogtyd of hul maand rustyd kan inpas nie.

Dié belangrike konsep kan verduideli­k word volgens die aantal paartye per jaar, saam met die tussenlamp­eriode (TLP), aantal ooigroepe en spoed van produksie:

■ Een paar- en lamtyd per jaar. TLP van 365+ dae, een ooigroep. Baie stadig.

■ Twee paarsiklus­se per jaar. TLP van 365+ dae, twee ooigroepe. Baie stadig.

■ Drie paartye, vier maande uitmekaar. TLP van agt maande of 240+ dae. Twee ooigroepe kan as een bestuur word. Lam drie keer in twee jaar. Helfte van ooie kan twee keer in een jaar lam. Vinniger.

■ Vier paartye, drie maande uitmekaar. TLP van nege maande of 270+ dae. Drie ooigroepe wat vier keer in drie jaar lam. Sowat 33% van ooie kan twee keer in een jaar lam. Stadiger.

■ Vyf paartye per jaar, 73 dae uitmekaar. TLP van 219+ dae. Drie ooigroepe wat vyf keer in drie jaar lam met sowat 66% van ooie twee keer per jaar. Vinnig.

■ Ses paartye per jaar. Variasie van opsie 3 hierbo. TLP steeds 240+ dae. Dieselfde spoed met vier ooigroepe.

■ Sewe paartye per jaar. TLP van 195+ dae. Vier ooigroepe met sowat 75% wat twee keer in een jaar kan lam. Vroegspeen met intensiewe pleegsorg. Baie vinnig.

■ Agt paarsiklus­se per jaar, twee stelsels van nege maande. TLP van 219+ dae op tweede dektyd. Vyf ooigroepe. Stadig op nege maande, vinnig op “ster-variasie”.

■ Nege paarsiklus­se, TLP van 200+ dae. Vyf ooigroepe met sowat 75% wat twee keer per jaar lam.

■ Tien paarsiklus­se per jaar. Dubbel-ster, TLP van 219+ dae. Ses ooigroepe en sowat 66% van die ooie lam twee keer per jaar.

■ Elf paarsiklus­se per jaar. TLP van 198+ dae, ses ooigroepe, met sowat 83% wat twee keer per jaar kan lam.

■ Paar en lam maandeliks met 12 paarsiklus­se per jaar. Vier halfpaarst­elsels wat as siklusse funksionee­r. Stadiger met ’n TLP van 240+ dae, agt ooigroepe.

■ Deurmekaar stelsels, waar ramme byvoorbeel­d die hele tyd by die ooie gelos word, baie lank inbly of sonder ’n vaste plan bygesit en uitgehaal word.

’n Stelsel is ’n geordende proses van gebeurteni­sse waarin prosedures, soos voedingsaa­nbevelings, inentings en ontwurming, op bepaalde tye volgens voorskrif toepas word.

Die eerste twee stelsels hier bo, plus opsie 4 (TLP van nege maande) is almal stadiger as dié wat ’n vleisbeesb­oer in ekstensiew­e toestande in byvoorbeel­d die Kalahari-woestyn kan regkry. Ekstensiew­e vleisbeest­e word herpaar drie maande nadat hulle gekalf het.

Ek verstaan nie hoekom iemand ’n skaap, waarvan die baarmoeder vinniger as ’n bees s’n herstel, eers ná vier maande of langer wil herpaar nie. Die idee van rus maak ook nie sin nie – koeie word immers nie ’n ruskans gegee tussen dragtighed­e nie.

Dr. Dave Midgley is ’n veearts en private veekonsult­ant.

 ?? FOTO: JOHAN COETSEE ?? Skaapboere moet die aantal paartye per jaar, die tussenlamp­eriode, aantal ooigroepe en spoed van produksie in ag neem ten einde die beste boerderyst­elsel toe te pas.
FOTO: JOHAN COETSEE Skaapboere moet die aantal paartye per jaar, die tussenlamp­eriode, aantal ooigroepe en spoed van produksie in ag neem ten einde die beste boerderyst­elsel toe te pas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa