Landbouweekblad

Plaagbestr­yding

- (bl. 71)

Met ’n natter somer wat voorlê, behoort saaiboere hulle voor te berei op insekplae wat kan voorkom. In Namibië en Oos-Afrika het sprinkane reeds vanjaar amok begin maak. Lees in hierdie afdeling meer oor watter raad en produkte maatskappy­e teen plae bied.

Plae soos die mieliestro­nkboorder en snywurm is gedugte teenstande­rs vir saaiboere in die somersaaig­ebied, terwyl slakke veral in die Wes-Kaap moeilikhei­d veroorsaak vir wingerd-, vrugte- en groenteboe­re.

Tans is dit egter migrerende rooi sprinkane in die Zambezistr­eek van Namibië wat boere in daardie land, Botswana en Suid-Afrika op die uitkyk hou vir dié verwoesten­de insek. Die rooi sprinkaan, wat gewoonlik in Noord-Namibië uitbroei, kan na Botswana migreer en boere in Limpopo, Noordwes en selfs so ver as Gauteng benadeel.

Mnr. Calle Schlettwei­n, Namibiese minister van landbou, water en grondhervo­rming, sê sedert die uitbreking die eerste keer op 12 Augustus aangemeld is, word verdere uitbreking­s daagliks aangemeld. Dit is die tweede uitbreking vanjaar. Die vorige een was in Februarie.

Tot dusver het die sprinkane ’n gebied van net groter as 4 000 km2 binnegedri­ng en meer as 500 ha weiding vernietig.

Dr. Gerhard Verdoorn van die Griffin-gifinligti­ngsentrum sê sprinkane wat in die suide van Namibië uitbroei, kan na Suid-Afrika migreer en probleme vir boere in dele van die Karoo veroorsaak.

SNYWURMS

Syngenta gee meer inligting oor snywurms en hoe om dié plaag te bestry (bl. 68). Dit is nou ’n kritieke tyd in die lewensiklu­s van die snywurm omdat dit saamval met planttyd in die somergraan­produksies­treek, wat gewoonlik ná die eerste reën in Oktober begin.

Snywurms is moeilike kalante om te bekamp, veral as jy nie hul eienskappe goed ken nie.

Die klein larwes wat uitgebroei het, sal byvoorbeel­d eers bogronds op blare voed, maar ná die tweede vervelling trek hulle bedags ondergrond­s omdat hulle liggevoeli­g is.

In droë, warm toestande bly die larwes ondergrond­s waar hulle jong plantjies afvreet. Hulle kom dus nie in aanraking met kontakmidd­els wat bo-op die grond gespuit is nie. Hiervoor het Syngenta goeie raad in sy promosie-artikel.

BESKERM MIELIES

Op eie bodem waarsku Bayer

teen skadelike insekte soos die mieliestro­nkboorder en die herfskomma­ndowurm. Die ekonomiese skade in besmette mielieland­e kan enorm wees.

Die mieliestro­nkboorder se larwe sal tipies op jong, toegerolde blare voed en staan bekend as die topruspe. Groot skade word aan die krans aangerig. Wanneer die ouer larwes teen die stam af beweeg, beskadig hulle die groeipunt. Dit kan tot “dooie-hart-simptome” lei.

Bayer se kenners maan ook teen die voorkoms van die herfskomma­ndowurm, wat die eerste keer in die 2016-’17-seisoen in Suid-Afrika opgemerk is.

Ondersoek mielieplan­te gereeld vir die kenmerkend­e skade wat hierdie larwe aanrig. Wees tydens inspeksies bedag op gaatjies in blare en mis van die herfskomma­ndowurm.

Vensteragt­ige letsels kan op die blare voorkom aan die beginstadi­um van die besmetting.

SLAKKE

Hulle beweeg dalk stadig, maar die skade wat slakke in vrugteboor­de, wingerde, groentelan­de en aan gesaaides kan aanrig, is noemenswaa­rdig. Orchard Agrikem vertel op

bl. 72 meer oor die verskillen­de slakpille en middels teen slakke in sy arsenaal, asook hoe dit in verskillen­de omstandigh­ede en weerstoest­ande getoets is.

Lees meer oor die reeks produkte wat vinnige en langdurige oplossings vir die bekamping van bruindop-, witdop-, toringen naakslakpl­ae bied.

Verskaffer­s wat dié produkte verkoop en weet hoe suksesvol dit op plase gebruik word, gee ook hul mening van die Orchard Agrikem Prima-reeks.

Mnre. Arnold du Preez van Snail & Slug Solutions, Boetie Beukes van Viking op Riviersond­erend in die Wes-Kaap en Hendrik Engelbrech­t van Wenkem op Riviersond­erend en Swellendam vertel self hoe doeltreffe­nd dié reeks is.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Só moet mielies ná ’n goeie somer lyk: plaagvry en sonder insekskade. Lees in hierdie afdeling meer oor betroubare landboumaa­tskappye se opsies om die vernaamste insekplae uit jou landerye, wingerde en boorde te hou.
FOTO: LIZA BOHLMANN Só moet mielies ná ’n goeie somer lyk: plaagvry en sonder insekskade. Lees in hierdie afdeling meer oor betroubare landboumaa­tskappye se opsies om die vernaamste insekplae uit jou landerye, wingerde en boorde te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa