Landbouweekblad

Gesonde mandjie kos word duurder

-

’N SPAARSAMIG­E dog gesonde mandjie voedsel het in Augustus vanjaar 10,6% meer gekos as ’n jaar gelede.

Die buro vir voedsel- en landboubel­eid (BFAP), wat die pryse van só ’n basiese mandjie gesonde voedselpro­dukte monitor, sê die mandjie se prys het waarskynli­k met meer as die amptelike voedselinf­lasie gestyg omdat die mandjie groter gewig gee aan vrugte, vette en olies, en diereprote­ïen, vergeleke met die verbruiker­sprysindek­s (VPI), waarin basiese voedselsoo­rte soos styselryke stapelvoed­sels meer gewig dra.

Navorsers van die BFAP, as

ook die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d, die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, en die departemen­t landbou-ekonomie, voorligtin­g en landelike ontwikkeli­ng aan die Universite­it van Pretoria kyk maandeliks na voedselpry­se en veral hoe dit in die Covid-19-pandemie armer huishoudin­gs raak.

Luidens hul jongste verslag het die pryse van sekere van die tipiese produkte wat 70% van armer huishoudin­gs se voedseluit­gawes

verteenwoo­rdig, meer gestyg as die 0,1%-groei op ’n maandgrond­slag in Augustus se amptelike voedselinf­lasie.

Vars beesmaalvl­eis per kilogram was 9,4% duurder as die vorige maand, 2,5 kg suiker 3,1%, 750 ml sonneblomo­lie 2,3%, ’n witbrood 2,2% en 1 liter langleweme­lk 2,1%.

Die navorsers sê laasgenoem­de se prysstygin­g, ook die 6,7% op ’n jaargronds­lag, was weens stygende vervaardig­ings- en verspreidi­ngskoste, soos die styging

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa