Landbouweekblad

Planttyd: Optimisme gróót, maar voerpryse pla

-

BOERE in die oostelike somergraan­gebiede kon vanjaar vir die eerste keer in ’n paar jaar vanaf die tradisione­le 10 Oktober begin mielies plant.

Volgens mnr. Robert Davel, uitvoerend­e hoof van Mpumalanga Landbou, het streke in die Laeveld al tot 100 mm reën gekry en op die Hoëveld tot 60 mm.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, is vol moed dat boere in die somerreëng­ebied na ’n goeie seisoen kan uitsien.

Boere in dele van Mpumalanga, soos by Piet Retief, het volgens hom reeds begin mielies plant. “Daar is boere in die Ermelo-omgewing wat sê dit is hul beste voorseisoe­n in vier jaar. Party plekke daar het al meer as 30 mm reën gehad en boere het ook begin plant.”

Mnr. Corné Louw, senior ekonoom van Graan SA, sê boere moes al soveel keer die afgelope paar seisoene aanpas by óf vroeg óf baie laat plant, “dat dit nou skoon vreemd voel om gedurende ’n ‘normale’ tyd te kan plant”.

Volgens Davel was dit aanvanklik nog koel op die Hoëveld en sommige boere het vir warmer weer en opvolgreën gewag voordat hulle begin plant het. Die gebied het teen 15 Oktober warmer dae begin kry.

Volgens De Villiers en Louw is daar plekke in die westelike somersaaig­ebiede wat ook, anders as vorige jare, al reën gehad het, maar boere is versigtig om te vroeg te plant.

KOUE WINTER

In Limpopo het die eerste reën al in September geval en saaiboere is hoopvol vir ’n goeie seisoen, sê mnr. Willem Groothof van Graan SA. “Die natuur het lanklaas so goed gelyk. Ons het ’n koue winter agter die rug en die winde het vanjaar lekker gewaai. Dit is gewoonlik aanduiding­s van ’n goeie produksiej­aar.”

Met planttyd wat eers in November begin en die meeste boere wat eers in Desember en Januarie plant, is daar nog heelwat tyd vir reën. Danksy die vroeë reën sal boere dalk vroeër as gewoonlik plant.

Met die huidige goeie pryse raai Groothof boere aan om teen

 ??  ??
 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? Planttoest­ande in die somergraan­gebiede was lanklaas so belowend soos vanjaar.
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT Planttoest­ande in die somergraan­gebiede was lanklaas so belowend soos vanjaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa