Landbouweekblad

Beskerm jou melkkudde teen dié siektes

- NAVRAE: Web: www.afrivet.co.za; e-pos: didi.claassen@afrivet.co.za; 012 817 9060.

Met die somer wat aanbreek, is dit tyd om waaksaam te wees teen siektes wat dié tyd van die jaar kop uitsteek.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), waarsku in dié organisasi­e se maandeliks­e verslag teen die siektes en parasiete wat tipies in die somer skade veroorsaak.

“Die warmer maande en reëntyd in die somerreëng­ebiede lê voor. Sulke toestande is ideaal vir parasiete. Nou is die tyd om te beplan, in te ent en biosekerhe­id toe te pas. Een verkeerde besluit kan jou duur te staan kom.”

Goeie biosekerhe­id en inentingsp­rogramme is ’n voorkomend­e oplossing teen die meeste van hierdie siektes.

Met reën wat al in Oktober in dele van die somerreëng­ebied begin val het, moet boere bedag wees op die uitbroei van die eiers van die meeste inwendige parasiete. Skaapboere moet let op simptome van parasietbe­smetting, soos bloedarmoe­de, kwakkeel, gewigsverl­ies en diarree.

Lewerslakw­urm en peervormig­e maagslakwu­rm kan vee besmet wanneer hulle in veral vleie en by spruite wei waar die tussengash­ere, waterslakk­e, in groot getalle voorkom.

Uitbreking­s van koksidiose is reeds in ál nege provinsies van Suid-Afrika aangemeld. Veral jong diere is baie vatbaar vir hierdie siekte, asook kriptospor­idiose wat groot veeverlies­e is ses provinsies veroorsaak het.

SOÖNOSES

Boere moet keer dat hul beeste soönotiese siektes, soos tuberkulos­e, brucellose en kriptospor­idiose, opdoen. Dit is byna onmoontlik om kriptospor­idiose uit die omgewing te verwyder. As dit eers op die plaas en in jou kudde is, is dit baie moeilik om daarvan ontslae te raak. Die boer moet dan leer hoe om met die siekte saam te leef en siek kalwers te behandel.

“Ons begin al hoe meer gevalle van kriptospor­idiose by melkbeeska­lwers sien,” sê die veearts dr. Didi Claassen.

“Daar is drie maniere om dié siekte uit jou kudde te hou: Biosekerhe­id, biosekerhe­id en biosekerhe­id.”

Kriptospor­idiose kan tussen diere en mense en andersom versprei. Kontak jou veearts vir nog inligting oor hoe om jou kudde te beskerm en hoe om uitbreking­s deur die regte behandelin­g vroeg stop te sit, is Claassen se raad.

“Brucellose is nóg ’n ekonomies belangrike siekte weens die melkverlie­s wat dit meebring, kuddes wat uitgeslag moet word, die verlies aan kalwers weens aborsie, en veterinêre uitgawes.

“Verskeie spesies, asook mense, kan siek word. By mense is brucellose ’n ernstige siekte wat so gou moontlik gediagnose­er en behandel moet word. Die chroniese vorm is baie moeilik om te diagnoseer en te behandel. Simptome sluit in koors, bewerasie,

’n verlies aan eetlus, nagsweet, swakheid, moegheid, hoofpyn en gewrigs-, spier- en rugpyn. Die simptome kan kom en gaan en jare lank voortduur, ondanks behandelin­g. Die hart en rugstring kan ook inflammasi­e opdoen,” sê Claassen.

Diere moet jaarliks vir brucellose getoets word. Dit is ’n kuddesiekt­e, dus is dit die beste om die hele kudde te toets.

“Moenie diere inkoop waarvan jy nie die brucellose- en tuberkulos­estatus ken nie. Dit kan jare duur voor simptome begin wys. Dan is dit te laat en is die hele kudde besmet.

“Betrek jou staats- en kuddeveear­ts om jou te help met ’n inentingsp­rogram. Kalwers van vier tot agt maande oud kan met stam-19-brucellose-entstof ingeent word. Diere kan enige tyd met RB51 ingeënt word, maar twee inentings is nodig. Indien diere positief toets, moet stappe so gou moontlik gedoen word om die siekte aan te vat.”

Om te keer dat mense op die plaas die siekte opdoen, moet melk volgens Claassen liefs gepasteuri­seer en nie vars gedrink word nie. Wees ook versigtig wanneer jy koeie help kalf.

VOORKOMING

Insekte, soos muggies, vlieë en muskiete waarvan die getalle tipies in die somermaand­e toeneem, dra ook siektes soos knopvelsie­kte, drie-dae-stywesiekt­e, bloutong, slenkdalko­ors en perdesiekt­e oor.

Uitwendige parasiete, byvoorbeel­d bosluise, dra ook talle ernstige veesiektes oor. Dit sluit in Afrika- en Asiatiese rooiwater, anaplasmos­e, hartwater en knopvelsie­kte.

“Verskeie dompel- en spuitdipmi­ddels, asook opgietmidd­els, is op die mark beskikbaar. Dit is belangrik om middels te gebruik waarteen bosluise nie weerstand het nie. Die melkonttre­kkingstyd van die produkte moet ook in gedagte gehou word by lakterende beeste. Dipmiddels wat ’n piretroïed, soos deltametri­en, bevat, sal ook vlieë en bosluise afweer,” sê Claassen.

Vir vliegbekam­ping is omgewingsb­estuur net so belangrik as om die diere te behandel.

“Maak seker die mis word reg bestuur, want dit is ’n uitstekend­e broeiplek vir vlieë. Waterpoele­tjies op die werf moet gedreineer of opgevul word.

“Lokaas en lokvalle vir vlieë is ook ’n manier om die volwasse vlieë te bekamp.”

Dr. Didi Claassen is die produkbest­uurder by Afrivet.

 ?? FOTO: DR. JAN DU PREEZ ?? Hou jou melkkudde in die somermaand­e gesond deur goeie biosekerhe­idsprotoko­lle te volg en ’n dip- en inentingsp­rogram saam met jou veearts op te stel.
FOTO: DR. JAN DU PREEZ Hou jou melkkudde in die somermaand­e gesond deur goeie biosekerhe­idsprotoko­lle te volg en ’n dip- en inentingsp­rogram saam met jou veearts op te stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa