Landbouweekblad

MAAK SÓ TYDENS AMNESTIETY­DPERK

-

Ek wil my vuurwapen ingevolge die amnestie aan die staat oorhandig:

■ Oorhandig die vuurwapen waarvoor jy om amnestie aansoek doen aan die vuurwapen-amnestiebe­ampte by ’n polisiekan­toor.

■ Handig ook enige ammunisie in jou besit vir die betrokke wapen in, of gee dit aan iemand met ’n geldige lisensie vir die spesifieke kaliber.

■ Wanneer jy die wapen inhandig en aansoek doen om amnestie, moet jy die polisie se vorms SAP 548 en 522(a) voltooi en dit saam met die wapen inhandig. Indien jy beoog om aansoek te doen om ’n lisensie vir die wapen, moet jy so op die vorm aandui. Die polisie moet vorm 522(a) endosseer om aan te dui dat jy die wapen ingevolge die amnestie inhandig en wel aansoek gaan doen om ’n lisensie. As jy nie om ’n nuwe lisensie aansoek doen nie, stem jy in dat die wapen vernietig mag word.

■ Neem kennis, wanneer jy vorm 522(a) voltooi, verklaar jy dat jy die wapen vrywillig en son-der vergoeding aan die polisie oorhandig. Die polisie sal dan waarskynli­k self vorm 522(b) voltooi of jou in sommige gevalle versoek om die vorm te voltooi. Let daarop dat daar nie van jou vereis word om vorm 522(b) te onderteken nie. Die polisie sal dan op sy stelsel eienaarska­p van die vuurwapen oordra na die staat en aandui dat dit nie meer in jou naam gelisensie­er is nie.

■ Die polisie onderneem om die wapen veilig te bewaar. Dit sal ballisties getoets word om te bepaal of dit met enige misdaad verbind kan word. Indien die wapen wel met ’n misdaad verbind word, sal jy vir die betrokke misdaad vervolg word.

Ek wil tydens die amnestiety­d aansoek doen om’ n nuwe vuurwapen lisensie:

■ Jy moet dit skriftelik só aandui op die vorm SAP 548. Dit dien as kwitansie. Kry ’n afskrif hiervan by die polisie as bewys dat die vuurwapen ingehandig is.

■ Jy moet binne 14 dae van die datum waarop jy die wapen ingehandig het, aansoek doen om ’n nuwe lisensie. Gebruik die aansoekvor­m vir ’n nuwe lisensie, SAP 271. Die aansoek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa