Landbouweekblad

Veilingsve­rslae

- — FREDALETTE UYS

Die veilingsve­rbod vanweë die uitbreking van bek-en-klouseer het die veilingsbe­dryf by ’n kruispad gebring, sê dr. Cobus Oberholste­r, hoofbestuu­rder van BKB se vee-, eiendom- en afslaerafd­eling.

“Streng protokolle sal in die toekoms op alle veilings van toepassing wees. Kommersiël­e én slagveevei­lings sal al hoe meer gedigitali­seer word.

“Die nodigheid van ’n betroubare naspeurbaa­rheidstels­el is nie meer onderhande­lbaar nie, maar sal ook met toepaslike wetgewing ondersteun moet word.”

BKB skep reeds geruime tyd geïntegree­rde oplossings vir die veebedryf met die ontwikkeli­ng van tegnologie om die totale veevoorsie­ningsketti­ng te digitalise­er. “Ons doelwit is om meer slagvee in Suid-Afrika met dié veilingste­lsel te bemark.”

Hy sê BKB is ’n voorstande­r van veilings as ’n deursigtig­e en betroubare prysmakend­e meganisme en sal dit ook in die digitale oplossings behou.

Hy sê sy maatskappy is wesenlik deur die verbod geraak – spesifiek ten opsigte van kalender- of vastepuntv­eilings wat weekliks reg oor die land gehou is. BKB het ongeveer R600 miljoen verloor. Produsente is ook wesenlik geraak, veral boere wat kleiner lotte verhandel, asook kleinboere wat diere na veilings bring.

Produksiev­eilings kon egter voortgaan. Volgens Oberholste­r is minder diere op die produksiev­eilings aangebied, met ooie wat goeie pryse behaal het in groot dele van die Oos-Kaap en die oostelike deel van die Karoo wat goeie reën gehad het.

Met die verbod wat opgehef is, sal meer diere op veilings aangebied word wat pryse effens onder druk kan plaas. Oberholste­r voorspel dat die pryse van vroulike diere danksy goeie reën in die noordelike deel van die land kan styg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa