Landbouweekblad

BRITTE MAAK REG VIR LANDBOUROB­OTTE

- — ENGELA DUVENAGE

In Brittanje het die ontluikend­e landbouteg­nologiemaa­tskappy Small Robot Company aangekondi­g dat alles gereed is om die eerste

robotte van sy Tom-prototipe te vervaardig. Daarmee sal boere onkruid in hul graanlande deeglik kan karteer. Dit sal ook gebruik kan word vir oesskattin­gs en weldra om die doeltreffe­nde gebruik van onkruiddod­ers te toets.

Die eerste 10 sal na verwagting in Oktober 2020 gereed wees om verkoop te word.

Hierna sal Tom se ontwerp aangepas word vir massaprodu­ksie. Die vervaardig­ingsproses word behartig deur Tharsus, ontwerper van gevorderde toerusting en robotika in Brittanje.

Tom kan tans 20 hektaar per dag op eie stoom dek, en in die proses 6 terabytes inligting insamel. Dit kan die fynste plantdetai­l optel danksy superfyn beeldresol­usie. Die robot kan boonop heeljaar gebruik word, selfs in die slegste weer.

Ontwikkeli­ngswerk gaan voort aan Tom se sogenaamde “weed zapper”-vermoëns, wat na verwagting teen einde 2021 gereed sal wees. Die oogmerk is dat die robot enige onkruid wat dit identifise­er, sommer daar en dan kan bespuit.

Onder Small Robot Company se eerste kliënte tel Waitrose & Partners en die National Trust wat die gebruik van robotika op hul plase wil uitbrei. Vroeë veldtoetsi­ng is reeds onderweg op 20 plase in Brittanje.

Die maatskappy hoop dat sy robotte teen 2023 reeds sowat 20 000 ha in Brittanje sal dek, en wil mettertyd ook na Amerika en Kanada uitbrei.

Die navorsing agter Tom word gefinansie­r deur die Britse regering.

 ?? FOTO: SMALL ROBOT COMPANY ?? Ontwerpers verbonde aan die Small Robot Company saam met een van die maatskappy se outonome robotte, Tom, waarmee onkruid gekarteer en behandel sal kan word.
FOTO: SMALL ROBOT COMPANY Ontwerpers verbonde aan die Small Robot Company saam met een van die maatskappy se outonome robotte, Tom, waarmee onkruid gekarteer en behandel sal kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa