Landbouweekblad

Toyota gee hupstoot aan SA ekonomie

Toyota Suid-Afrika Motors het in sy derde voorleggin­g op die beraad oor die stand van die motorbedry­f by Kyalami bekend gemaak die maatskappy het van 2019 tot 2020 altesaam R4,28 miljard in Suid-Afrika belê.

- NAVRAE: 080 013 9111; web: www.toyota.co.za; e-pos: ccc@tsb.toyota.co.za

Toyota SuidAfrika Motors (TSAM) se beleggings in SuidAfrika strek oor verskillen­de afdelings, waaronder die verspreidi­ng van onderdele by sy Atlaspakhu­is in Johannesbu­rg en verskillen­de vervaardig­ingsprojek­te by die Prospecton­aanleg in Durban.

Die leeueaande­el daarvan – altesaam R2,43 miljard – is toegewys vir die vervaardig­ing van ’n nuwe passasiers­motormodel by Prospecton vanaf Oktober 2021. Dié nuwe passasiers­model vervang die produksiel­yn vir die Corolla (nie die Quest nie), wat vanjaar eindig.

TSAM maak ook met trots bekend dat die eerste vervaardig­ing van ’n Toyotahibr­iedvoertui­g in Afrika hierby ingesluit is.

Mnr. Andrew Kirby, voorsitter en uitvoerend­e hoof van TSAM, het gesê die maatskappy versterk met hierdie belegging sy langtermyn­verbinteni­s tot plaaslike vervaardig­ing, asook die SuidAfrika­anse motorbedry­f.

“Die belegging sal ’n bykomende R2,85 miljard vir die SuidAfrika­anse ekonomie per jaar en ongeveer 1 500 nuwe werkgeleen­thede beteken.

“Dit sou nie moontlik gewees het sonder nywerheids­beleidseke­rheid in die vorm van APDP2 nie. Ek bedank ál die belanghebb­endes wat die weg na die praktiese toepassing van die nuwe beleidsrig­lyne in 2021 help baan het.”

Die portefeulj­e sluit ook in: ■ Aansienlik­e verbeterin­gs in die plaaslike produksie van die HiAce Ses’fikile (R450 miljoen).

■ Die verhoging in die produksiev­olume van 14 000 tot 18 000 eenhede per jaar, wat 270 nuwe poste beteken (R91 miljoen).

■ Die vestiging van ’n verpakking­saanleg ter ondersteun­ing van TSAM se boustelond­erneming vir die Hilux in Kenia (R20 miljoen).

TSAM belê ook R365 miljoen om die grootte van sy Atlaspakhu­is te verdubbel van 40 000 m² tot 80 000 m². By voltooiing in 2021 sal dit die grootste pakhuis vir motoronder­dele in die Suidelike Halfrond wees.

Die maatskappy het ook ’n aantal lopende projekte van 2019 tot 2020, waaronder ’n belegging in die nuwe Corolla Quest en verskeie opgraderin­gs vir geriewe by die aanleg.

Dié beleggings beloop altesaam R928 miljoen.

TOEWYDING AAN SUID-AFRIKA

Dr. Thabi Leoka, ’n onafhankli­ke ekonoom, word as volg aangehaal: “Ek wil Toyota SuidAfrika Motors bedank dat hy sy toewyding aan die SuidAfrika­anse ekonomie getoon het deur werk te skep, terwyl dit lyk of byna elke sektor poste afskaal.”

TSAM het die afgelope tien jaar meer as R12 miljard in die SuidAfrika­anse ekonomie belê op die gebied van vervaardig­ingsgeriew­e, toerusting­opgraderin­gs en sy handelaars­bedrywighe­de.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Andrew Kirby, voorsitter en uitvoerend­e hoof van Toyota Suid-Afrika Motors.
FOTO: VERSKAF Mnr. Andrew Kirby, voorsitter en uitvoerend­e hoof van Toyota Suid-Afrika Motors.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa