Landbouweekblad

Staat moet R722 miljoen binne ’n maand bestee

- —JOYLENEVAN­WYK

LEDE van die parlementê­re portefeulj­ekomitee vir landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng was op ’n onlangse vergaderin­g merkbaar ontstig omdat slegs sowat ’n vyfde van die belastingg­eld wat vir die kommersial­isering van swart boere bewillig is, bestee is.

Dié geld is deel van pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese stimulus-en-herstelpak­ket van R3,9 miljard wat in 2018 bewillig is, en waardeur finansieri­ng vir opkomende boere belowe is.

Die R3,9 miljard is oor drie jaar vir die Land Bank begroot om die kommersial­isering van swart boere te ondersteun. Die geld is bedoel vir verskeie hulpprogra­mme en nie net vir die kommersial­isering s program vir swart produsente–wat intussen herdoop is tot gemengde finansieri­ng – nie.

Die departemen­t het vroeër ’n nuwe program, naamlik ontwikkeli­ngs ondersteun­ing vir grond (LDS), in die parlement bekend gemaak, wat in die 2018-’19-boekjaar in werking getree het. Dié program sou die plek van herkapital­isering inneem, asook gemengde finansieri­ng vir grondhervo­rming omvat.

ONDERSTEUN­ING

Altesaam 262 plase word ingevolge die LDS-program ondersteun. Die totale bedrag wat op die plase bestee gaan word, is

bereken op R1,2 miljard.

Die departemen­t het grond van 2,2 miljoen ha wat hy deur die regerings e grond verkryging strategie( Plas) bekom het. Mnr. Rirhandzu Shilote, direkteur van gehaltever­sekering by die departemen­t, het verduideli­k 2 miljoen ha van die grond is beoordeel en 262 projekte is kommersiee­l vatbaar bevind.

Die departemen­t het aan die parlement gerapporte­er dat meer as R722 miljoen, of 80,1% van die begroting, nog nie bestee is nie. Net meer as R175 miljoen van die R897 miljoen wat vir die boekjaar begroot is, is aan kommoditei­t s organisasi­es uitbetaal wat die projekte ondersteun.

Vir die 2019-’20-boekjaar word 162 projekte, en in die daaropvolg­ende boekjare onderskeid­elik 45 en 55 projekte, ondersteun.

Die departemen­t het gesê hy het probleme met die Land Bank ondervind “wat die wiel wou herontwerp” en die projekte weer aan ’n tegniese beoordelin­g wou onderwerp. Dit het die department met vier maande vertraag en hy kon nie geld vir die somerseiso­en toestaan nie.

TYDELIK GESTAAK

Die gemengde finansieri­ng s program kon nog nie hervat word nie nadat dit tydelik gestaak moes word weens onvoldoend­e kriteria vir begunstigd­es. Mnr. Mike Mlengana, direkteur-generaal van die departemen­t, het egter die versekerin­g gegee dat die program nie van die baan is nie. Die departemen­t moet in Maart antwoorde aan die komitee verskaf oor wat met die gemengde finansieri­ng s program aan die gang is.

Die departemen­t het beklemtoon hy is oorgehaal om die projekte in die winter saai gebiede en volgende somer plantseiso­en te ondersteun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa