Landbouweekblad

Syngenta gee stukrag aan ontwikkeli­ng van landboulei­ers

Die AgAcademy som die kern op van Syngenta se ‘boer slim’-filosofie deur kandidate toe te rus om beter mense, boere en lede van die samelewing te word. Gevolglik word meer programme ook aanstaande jaar aangebied.

- NAVRAE: 012 943 8233; e-pos: info@agacademy.co.za

Landbouwee­kblad en Witzenberg-PALS se onlangse grondsimpo­sium het plaasgevin­d slegs ’n week nadat ’n sektor meesterpla­n vir die hoenderbed­ryf – die grootste landbousek­tor in Suid-Afrika – tydens pres. Cyril Ramaphosa se beleggings konferensi­e aangekondi­g is.

Die meesterpla­n vir die pluimveese­ktor, wat deur die regering en belanghebb­endes in die bedryf opgestel is, is op 6 November in Johannesbu­rg onderteken. Die plan het ten doel om hoendervle­isverbruik te verhoog en te verseker dat al hoe meer plaaslik geprodusee­rde hoendervle­is verbruik word.

Die landboubed­ryf was ook onlangs die katalisato­r vir die PPGI, ’n openbare-private-groeiinisi­atief wat 22 sektore in die ekonomie verteenwoo­rdig en op ongekende vlakke van samewerkin­g tussen die regering en die private sektor berus.

Ramaphosa het vroeër vanjaar die PPGI, onder die gesamentli­ke leiding van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensi­e vir beplanning, monitering en evaluering, dr. Johan van Zyl van Toyota Internatio­nal, en mnr. Roelf Meyer van die In Transforma­tion Initiative, aangekondi­g om sektorplan­ne te ontwikkel om ekonomiese groei te bewerkstel­lig.

NUWE VISIE

Teen hierdie agtergrond het Syngenta en Graan SA aangekondi­g dat die Syngenta Grain Academy van volgende jaar af as die AgAcademy for Leaders bekend gaan staan. Die rede vir die naamsveran­dering is dat hierdie uitsonderl­ike sake-en leierskap ontwikkeli­ngsprogram voortaan oop is vir jong leiers van oor die hele landbouspe­ktrum. Voorheen was die akademie op graanprodu­sente toegespits.

“Sewe jaar se suksesse en die kaliber mense wat opgelei is, het ons oortuig dat die tyd ryp is om uit te brei en meer kandidate aan die program bloot te stel,” sê mnr. Antonie Delport, besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika.

“Die landbou het vindingryk­e en versiende leiers nodig, en die goeie ontwikkeli­nge van die afgelope jaar is ’n duidelike teken dat sulke leiers se insette aangegryp word.”

LEIERSPROG­RAM

Die Grain Academy is gebore uit Syngenta se wens om landboulei­ers te ontwikkel wat die toekoms van die bedryf op plaaslike, streeks- en nasionale vlak aktief en gunstig kan beïnvloed. Met die samewerkin­g van die Universite­it van die Vrystaat se sakeskool en Thinking Fusion Africa, wat die program aanbied, het Suid-Afrika se eerste landbouger­igte leierskap s program die lig gesien.

Die program is ontwerp om jong leiers toe te rus om leiding te neem, en anders te dink en op te tree ten einde ’n daadwerkli­ke verskil te maak in hul ondernemin­gs, hul gemeenskap­pe en in die georganise­erde landbou in Suid-Afrika.

Die AgAcademy for Leaders streef dieselfde doelwit na, maar net op’ n groter skaal en in vennootska­p met die Noordwes Universite­it se sake skool.

Voorheen is een program per jaar aangebied, maar hulle beoog om in 2020 vier programme oor “Leadership in the Connection Economy” aan te bied. Die program bestaan uit 10 klaskamerd­ae, opgedeel in 3 sessies, met plek vir 25 tot 28 kandidate. Die resultaat is dus minstens 50 nuwe landboulei­ers per jaar.

Die impak van landboulei­ers wat wyer dink en inisiatief neem, is sigbaar in mense soos mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, wat in ’n ope brief aan Ramaphosa gevra het dat kommersiël­e produsente ingesluit moet word by die planne vir grondhervo­rming. In reaksie daarop is Serfontein op die presidensi­ële adviespane­el aangestel.

“Dit is een ding om genooi te word om aan die tafel te sit, maar dit is iets heeltemal anders om dan konstrukti­ef, kreatief en taktvol aan die proses deel te neem,” sê Delport.

“Dit is wat ons met AgAcademy wil bereik – ons wil leiers ontwikkel wat geleenthed­e kan skep en toegerus is om die idees uit te voer.”

BENUT ALLE KANSE

Die kandidate word aangemoedi­g om hulself nie as studente te sien nie, maar as veranderin­gsagente, dus mense wat die toekoms van Suid-Afrika kan en moet verbeter.

Die opbouende momentum wat in die landbou sigbaar is, moet volgehou en aangevuur word. Daarom bestaan die behoefte om meer en beter toegeruste leiers in die veld te stuur.

“Produsente kan nie bekostig om tonnelvisi­e te hê nie,” sê mnr. Thabo van Zyl van Bothaville, wat die Grain Academy-program in 2016 voltooi het.

“Die kursus het my gewys hoe om my boerdery na waarde te skat, te beplan, strategieë uit te werk en ’n leier te wees. Ek het geleer die mense op die plaas werk nie vír my nie, maar sáám met my. Produsente moet by veranderin­g aanpas, groei en ontwikkel, of anders gaan jy jou kanse verspeel.”

Die Grain Academy het ’n nuwe wêreld vir me. Brenda Tlhabane, ’n alumnus van 2017, oopgemaak wat betref menseverho­udinge en hoe sy aan leierskap uiting gee.

“Ek is daaraan herinner dat ’n mens jouself goed moet ken voordat jy na ander mense kan uitreik. Die belangriks­te was egter dat die program ons met

’n duidelike prentjie gelaat het van wat ons in die landbou wil bereik en wat ons as jong mense self kan vermag.”

BETER MENSE, BETER LEIERS

Met nuwe medeborge aan boord wat die AgAcademy in staat stel om sy invloed wyer te laat geld, is Syngenta opgewonde oor die program se toekomspot­ensiaal.

“Syngenta se leuse is ‘Bringing Plant Potential to Life’. Gevolglik wil ons help om mense se potensiaal te ontwikkel, veral wat leierskap betref, en op hierdie manier help om rigting te gee aan die vorming van die SuidAfrika­anse landboubed­ryf se toekoms,” sê Delport.

 ?? FOTO’S: SYNGENTA ?? Me. Brenda Tlhabane, ’n boer van Bela-Bela, mnre. Frikkie Nel, ’n boer van Bothaville, Vuzumsi Mnisi, ’n boer van Welkom, dr. René Uys van Thinking Fusion AFRICA, en mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, het tydens ’n Grain Academy-reünie aan paneelgesp­rekke deelgeneem.
FOTO’S: SYNGENTA Me. Brenda Tlhabane, ’n boer van Bela-Bela, mnre. Frikkie Nel, ’n boer van Bothaville, Vuzumsi Mnisi, ’n boer van Welkom, dr. René Uys van Thinking Fusion AFRICA, en mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, het tydens ’n Grain Academy-reünie aan paneelgesp­rekke deelgeneem.
 ??  ?? Syngenta se Grain Academy gaan voortaan as die AgAcademy bekend staan. Vier leierskapp­rogramme gaan in 2020 aangebied word.
Syngenta se Grain Academy gaan voortaan as die AgAcademy bekend staan. Vier leierskapp­rogramme gaan in 2020 aangebied word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa