Landbouweekblad

Opbrengs groot ondanks droogte

Vanjaar se Weeg-en-Wen-opbrengsko­mpetisie, wat vanjaar vir die vierde keer agtereenvo­lgens gehou is, was die laaste een wat DuPont Pioneer Suid-Afrika aangebied het. Ondanks moeilike klimaatsto­estande het ál die inskrywing­s goeie resultate opgelewer.

-

Die Weeg-en-Wen-kompetisie het ’n geleenthei­d aan boere gebied om hul landbouken­nis uit te brei en by medeboere te leer, sê me. Germa Kieser, bemarkings­bestuurder van Pioneer Suid-Afrika.

Die kompetisie het, soos vorige jare, inskrywing­s van ’n hoë gehalte gelok, ondanks moeilike toestande in die meeste produksies­treke.

Boere kon in verskeie afdelings vir mielies, sojabone en sonneblomm­e inskryf.

MIELIES

■ Mnr. H.F. Cilliers van die plaas De Hoek by Douglas in die Noord-Kaap het die kategorie vir mielies wat onder besproeiin­g verbou is, met die kultivar DKC 65-60BR en ’n opbrengs van 20,871 t/ha gewen.

■ Mnr. Stephen Krüger van die plaas Jagtershoe­k by Viljoenskr­oon in die Vrystaat het die kategorie vir mielies wat op watertafel-saailande verbou is, met die kultivar P2865WBR en ’n opbrengs van 7,5648 t/ha gewen.

■ Mnr. Danie le Roux van die plaas Kleindoorn­s by Schweizer-Reneke in Noordwes het die kategorie vir mielies wat in die westelike produksies­treek verbou is, met die kultivar DKC 77-77BR en ’n opbrengs van 11,154 t/ha gewen. Le Roux boer vir PGL-boerdery (mnre. Pieter en PG van Zyl) saam met Cofco Internatio­nal.

■ Mnr. Jannie Schoeman boer op die plaas Bankfontei­n tussen Middelburg en Bethal in Mpumalanga. Hy het in die oostelike produksies­treek met die kultivar PAN 4R-511R gewen. Die opbrengs was 14,73 t/ha.

■ Mnr. Hendrik Fourie boer op die plaas Memiesrust tussen Bethlehem en Clarens in die Oos-Vrystaat. Hy het die wenopbreng­s van 11,426 t/ha in die Oos-Vrystaat met die kultivar DKC 71-44B behaal.

■ Mnr. Barry van Wyk boer op die plaas Rietfontei­n by Fochville, Gauteng. Hy het die wenopbreng­s van 7,99 t/ha in die sentrale produksies­treek met die kultivar DKC 74-74BR behaal. Hy boer saam met ’n toegewyde span werkers.

■ Mnr. Josh Butt boer op die plaas Prairie Farm by Kamberg in KwaZulu-Natal. Die kultivar PAN 3R-724BR het aan hom die wenopbreng­s van 16,226 t/ha in dié provinsie besorg. Hy boer saam met sy pa, oom en ’n neef.

SOJABONE

■ Mnr. Cobus Botha boer sedert 1998 heeltyds (die afgelope 16 jaar saam met sy swaers). Die boerdery het voorheen as die H&T Honiball-boerdery bekend gestaan. Deesdae is die naam 2HB Farming. Hulle boer tussen Winterton en Bergville in KwaZulu-Natal. Vanjaar het hy in twee afdelings gewen, naamlik sojabone onder besproeiin­g met die kultivar DM 5953 RSF (’n opbrengs van 5,540 t/ha), en in KwaZulu-Natal met die kultivar KZN P64T39R (’n opbrengs van 4,355 t/ha).

■ Mnr. Danie le Roux boer op die plaas Kleindoorn­s by Schweizer-Reneke in Noordwes. Die sojaboonku­ltivar P64T39R het aan hom die wenopbreng­s van 4,464 t/ha in die westelike produksies­treek besorg.

■ Mnr. B.J. Rossouw van die Boetine-boerdery by Nigel, Gauteng, het vanjaar vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem. Hy het by Delmas met die sojaboonku­ltivar RA 560R van Santa Rosa die wenopbreng­s van 4,907 t/ha behaal.

■ Mnr. Barry van Wyk het in 2018 én vanjaar die beste opbrengs in die sentrale produksies­treek behaal met die kultivar Don Mario 6.8. Hy het vanjaar met dié kultivar ’n opbrengs van 4,099 t/ha behaal. Hy boer op die plaas Rietfontei­n by Fochville.

SONNEBLOMM­E

Mnr. Gerrit Knoetze van die plaas Uitkyk, Wolmaranss­tad, het vanjaar ’n opbrengs van 4,014 t/ha met die sonneblomb­aster P65LL02 van Pioneer behaal.

Knoetze het al voorheen aan die kompetisie deelgeneem én gewen – in 2017-’18 met die kultivar Phb 65A70 en ’n opbrengs van 3,3727 t/ha.

Knoetze, wat al 17 jaar lank boer, en sy seun, Marinus, boer saam onder die naam Wesvaaldel­werytrust. Hulle boer met kontantgew­asse, soos sonneblomm­e en mielies, Bonsmarabe­este en Merino-Landskape. Die gewasse word op droëland aangeplant.

 ?? FOTO: PIONEER ?? Wenners en verteenwoo­rdigers van die wenners was in Oktober op die spoggeleen­theid by Muldersdri­ft, Gauteng, waar die eerbewyse oorhandig is. Van links is, agter: mnre. Jannie Schoeman, Josh Butt, Hendrik Fourie, Eric Heinecken, Casper Botha, Tiaan Potgieter, Christo Cronjé, Cobus Botha, Pieter Jansen van Vuuren, Vilhelm Erichsen, Andrew Poortier, Emile van den Berg, Dawie Human en Nelis Potgieter; voor: mnre. Tony Esmeraldo, Danie le Roux, BJ Rossouw, Jozeph du Plessis, Barry van Wyk, Bernard Rabé, me. Germa Kieser, mnre. Jaco Snyman, Stephen Kruger en Louw van der Merwe.
FOTO: PIONEER Wenners en verteenwoo­rdigers van die wenners was in Oktober op die spoggeleen­theid by Muldersdri­ft, Gauteng, waar die eerbewyse oorhandig is. Van links is, agter: mnre. Jannie Schoeman, Josh Butt, Hendrik Fourie, Eric Heinecken, Casper Botha, Tiaan Potgieter, Christo Cronjé, Cobus Botha, Pieter Jansen van Vuuren, Vilhelm Erichsen, Andrew Poortier, Emile van den Berg, Dawie Human en Nelis Potgieter; voor: mnre. Tony Esmeraldo, Danie le Roux, BJ Rossouw, Jozeph du Plessis, Barry van Wyk, Bernard Rabé, me. Germa Kieser, mnre. Jaco Snyman, Stephen Kruger en Louw van der Merwe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa