Landbouweekblad

TEGNOLOGIE: BENUT SYFERS SÓ IN BULSELEKSI­E

- — LLEWELLYN ANGUS

As ’n boer eers na die diere kyk en daarna na die syfers, sal hy agt uit tien keer die verkeerde bul vir sy kudde koop. Omdat bulle verreweg die grootste invloed op ’n kudde het – 95% vergeleke met ’n koei of 50% van sy koeitrop – kan dit rampspoedi­g wees.

In beesseleks­ie is daar altyd twee aspekte ter sprake, naamlik visuele waarneming van onder meer bouvorm en strukturel­e korrekthei­d, asook genetiese eienskappe wat in teelwaarde­s weerspieël word. Die geheim is om dit saam te gebruik om doeltreffe­nder te wees.

Die einddoel is nié om mooi koeie en bulle voort te bring nie, maar om bulle vir die kommersiël­e teler te lewer wat deur hul kalwers méér geld in die sak gaan bring.

Op sig sien ’n mens hoofsaakli­k die visuele eienskappe, soos bouvorm. Daar is goeie keurders en boere wat weet hoe ’n bul moet lyk en of hy strukturee­l korrek is. Die genetiese eienskappe is egter grootliks nie met die oog sigbaar nie. Deur diere gereeld te weeg en te meet vir verskillen­de eienskappe en die verwerking van dié inligting tot teelwaarde­s, deur byvoorbeel­d Breedplan, verkry die boer ’n kragtige bron om sy seleksie vir sekere eienskappe te verbeter.

Hoe balanseer ’n beesboer voorkoms en syfers? Die maklikste is om eers na die syfers te kyk en ’n lys te maak van die bulle met aanvaarbar­e syfers. Daarna kyk ’n mens visueel na slegs die bulle op die lys en maak dan die uiteindeli­ke keuse daaruit.

Die boer móét weet watter eienskappe belangrik in sy stelsel is, byvoorbeel­d vrugbaarhe­id en speengewig. Die meeste boere het ’n speenkalfs­telsel waardeur hulle bulkalwers aan ’n voerkraal verkoop en die meeste van die speenverse vir vervanging terughou. Skrotumomv­ang het ’n beduidende invloed op vrugbaarhe­id, en kalfgemak en geboortege­wig is altyd belangrik.

Drie aspekte dra by tot ’n bul se teelwaarde, naamlik sy eie metings, sy stamboom en sy nageslag se metings. Wanneer ’n twee- of driejarige bul op ’n veiling gekoop word, kan sy akkuraathe­id rondom 60% vir eienskappe wees indien die kudde goeie prestasiet­oetsing toepas. Sodra hy nageslag het wat self gemeet en geweeg is, skiet die akkuraathe­id op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa