Landbouweekblad

PRESISIEBO­ERDERY DIE TOEKOMS

- — FREDALETTE UYS

Dit is danksy sy broer Ginkel se ultramoder­ne DeLaval-melkstal en ’n gesukkel met die invorderin­g van data by sy stoetskape dat mnr. Andrew Jordaan van Cradock, Voermol se Skaapboer van die Jaar vir 2018, begin soek het na doeltreffe­nder metodes om sy skape se syfers vas te lê.

Andrew, sy pa, Andrew sr., en sy broers, Wilhelm en Ginkel, boer saam op die plaas Spekboombe­rg buite Cradock. Andrew bestuur die skaapafdel­ing, Ginkel die melkery en Wilhelm die gesaaides, besproeiin­g en die instandhou­ding van werktuie.

“Ek het altyd vir my pa gesê die data-invorderin­g by die skape is versukkeld, want jy moet alles met die hand doen en aande omsit om die data in te voer. Dit is só frustreren­d dat jy dit later maar los.”

Dit was die melkery wat Andrew aan die dink gesit het. “Ginkel kan byvoorbeel­d presies sien hoeveel voer kry elke koei volgens die liters wat sy produseer.”

Toe ontmoet Andrew mnr. Schalk de Villiers van RFID Experts Africa, wat elektronie­se kleinveebe­stuurstels­els bemark. Nou maak hy al die afgelope ses jaar sy stoetdiere se syfers elektronie­s bymekaar deur dié radiofrekw­ensie-identifika­sietegnolo­gie (RFID). Danksy die syfers en die verwerking daarvan kon hy al verskeie genetiese spronge maak. “Dit behels veral die groei-indeks. Die diere wat ons die afgelope tyd uit die onderskeie bloedlyne kon kies, het besonder goeie groei getoon.”

Die eerste sprong na verbeterin­g is om genetika te benut. “Van daar af raak dit al hoe moeiliker om spronge te maak, want jy bereik later ’n plafon.”

Hy sê omdat hulle soveel ooie laparoskop­ies bevrug met ramme waarvan die syfers reeds beskikbaar is, “skiet ons ’n bietjie meer raak”. Andrew moedig skaapboere aan om iewers te begin om ook ’n statisties­e prentjie van hul diere te kry.

“Om ontledings te kan doen, moet jy ’n elektronie­se stelsel hê. Danksy die ingesameld­e data kan ek die topprester­ende diere vinniger identifise­er en hulle gebruik om geneties te vorder. My mikpunt is om diere te teel wat vinnig markgereed is, want dít, saam met goeie wolproduks­ie, is winsgewend. Ek streef na diere wat vinnig groei ná speen en dan stabilisee­r.

“Op lang termyn wil ek ’n gebalansee­rde skaap teel wat genoeg wol- en liggaamsgr­oei het om geld in die sak te bring.”

Hy voeg by dit is noodsaakli­k dat die dier in balans met die omgewing moet wees. “Die natuur kan net soveel bied om wol en vleis te produseer. As jy te swaar na wol of vleis teel, verloor jy na die ander kant toe. Ons probeer ’n middeweg vind.”

Andrew glo vas daar is baie beweegruim­te met skaaptelin­g. “Onthou, ’n Chihuahua en ’n Deense hond het dieselfde DNS! Ons moet ’n gebalansee­rde skaap teel. Diere moet in die veld kan aanpas. Vrugbaarhe­id bly uiters belangrik.”

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Die Jordaans. Van links is Andrew sr., Ginkel, Andrew jr. en Wilhelm.
FOTO: JOHAN NORVAL Die Jordaans. Van links is Andrew sr., Ginkel, Andrew jr. en Wilhelm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa