Landbouweekblad

Landbou-unies wil meer dienste lewer

-

BY Agri SA én TLU SA was daar vanjaar ’n klemversku­iwing om meer dienste aan lede te bied en vir hul lede waarde toe te voeg.

Agri SA, wat sedert November 2015 reeds R19 miljoen vir droogtehul­p ingesamel en aan boere in nood oorhandig het, het vanjaar sy hulppoging uitgebrei. ’n Rampsentru­m onder leiding van mnr. Willem Symington, ondervoors­itter van Agri Noord-Kaap, is gestig en me. Andrea Kamfer, ’n permanente ramphulpbe­stuurder, is aangestel om ook ander rampe, soos dieresiekt­es, vloede en brande, te help bestuur.

In die 2018-’19 boekjaar het Agri SA-geaffiliee­rdes, wat kommoditei­tsorganisa­sies en sake-ondernemin­gs insluit, sowat R447 miljoen aan transforma­sieprojekt­e bestee.

Saam met die R314 miljoen wat in 2017-’18 bestee is, beloop die totale besteding sedert die organisasi­e sy vorige transforma­sieverslag in 2018 gepublisee­r het, sowat R761 miljoen. Altesaam 167 008 mense het al by die projekte baat gevind.

DINAMIES

By TLU SA was ’n daadwerkli­ke poging om die organisasi­e te omskep in ’n nuwe, dinamiese organisasi­e met ’n nuwe logo, webblad en klem op sosiale media. Mnr. Louis Meintjes, TLU-voorsitter, sê in die proses het die ledetal vanjaar met sowat 2 000 toegeneem.

By die jaarkongre­s is verskeie kommersiël­e projekte ook bekend gestel, onder meer ’n landbousek­torbeleggi­ngsmaatska­ppy waarbinne verskeie projekte begin is om voordele vir lede te beding, soos ’n voorsorgfo­nds en begrafnisv­oordele. Lede kan aandele in die maatskappy bekom.

Daarby is TLU SA besig om ’n korporatie­we bank op die been te bring om lede finansieel te ondersteun, ’n digitale TV-kanaal word beoog en ook ’n finansiële welstandsd­iens om lede met onder meer boedelbepl­anning, testamente en regshulp te help.

Die organisasi­e beoog ook ’n landboukoö­perasieste­lsel waar

binne boere kan saamspan vir beter bedinging en risikovers­preiding. Vir boere wat hul plase verloor, word alternatie­we behuising op plase gesoek.

In Maart vanjaar is die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai), onder die voorsitter­skap van dr. Theo de Jager van stapel gestuur. Hy beskryf Saai as ’n aanvullend­e organisasi­e gemik op familieboe­rderye wat boere met saakgerigt­e krisisse wil bystaan. Hulle steun op die infrastruk­tuur en hulp van verskeie ander organisasi­es, soos AfriForum, die Instituut vir Rasseverho­udinge en die FW de Klerk-stigting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa