Landbouweekblad

Ryp knel oeste in Vaalharts

- — JOHAN NORVAL

RYPSKADE in groot dele van die NoordKaaps­e koringprod­uksiegebie­d neem krisisafme­tings aan, veral vir dié produsente wat nie die nodige oesverseke­ring het nie.

Die ware omvang van die rypskade wat in die koring se blomtyd einde Oktober in die omgewing van Douglas, Hopetown, Orania, Jacobsdal, Modderrivi­er en Koffiefont­ein voorgekom het, sal na verwagting teen 19 Desember in die vyfde oesskattin­g verreken word.

Mnr. Gerhard Bruwer van die Genadeboer­dery by Hopetown en Douglas se beraming van die skade oor ’n wye gebied is 2030% van die verwagte koringoes waarvan die are nie behoorlik ontwikkel het nie.

Daar is sprake van produsente by Koffiefont­ein wat ’n totale misoes het, terwyl die koring in die omgewing van Prieska minder skade opgedoen het.

Mnr. Luan van der Walt, ’n ekonoom van Graan SA, sê rypskade van tot 30% kan die NoordKaap se verwagte koringopbr­engs tot net meer as 190 000 ton laat afneem wanneer die Oesskattin­gskomitee sy vyfde wintergraa­nskatting binnekort bekend maak.

Die vierde produksies­katting in November was 273 750 ton oor ’n oppervlak van 37 500 ha in die NoordKaap. Die gemiddelde opbrengs per hektaar was toe ’n geskatte 7,3 ton.

Die gemiddelde koringprod­uksie in die NoordKaap die afgelope vyf jaar is 283 000 ton, wat bykans ooreenstem met die Oktoberoes­skatting. Sedertdien het ongunstige produksiet­oestande soos uitermatig hoë dagtempera­ture en droogte sy tol geëis, wat die verwagte opbrengs van 7,65 t/ha (gemiddelde werklike lewering oor vyf jaar) tot die geskatte 7,3 t/ha (Novembersk­atting) laat afneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa