Landbouweekblad

NASPEURBAA­RHEID IS DIE ENIGSTE OPLOSSING

- — JASPER RAATS, GERRIT BEZUIDENHO­UT en FREDALETTE UYS

MET ’n nasionale rampverkla­ring oor die uitbreking van beken-klouseer in Limpopo kan die regering die situasie beter bestuur danksy ekstra finansieri­ng van die tesourie en magtiging om die weermag en polisie te ontplooi om die gebied af te sper.

Só meen die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), wat twee dae ná die afkondigin­g van ’n nasionale veilingsve­rbod ’n beroep op me. Thoko Didiza, minister van landbou, landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, gedoen het om dié stap te doen.

“(Die uitbreking) is ’n volslae ramp en moet ook so behandel word. Dinge kan nie op die ou trant aangaan nie,” sê mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die RPO.

In Limpopo het groot kommer teen druktyd geheers dat bek-enklouseer verder in die provinsie kan versprei omdat vee, veral beeste, steeds sonder die nodige toestemmin­g en permitte vervoer word. Mnr. Douw Pelser, ondervoors­itter van die RPO in Limpopo, sê hy sien talle vragmotors met beeste op die pad. Wanneer hy vra of die eienaars permitte het, kry hy dikwels ontwykende antwoorde.

Die Limpopo-RPO het in oorleg met veeartse en mnr. Willem van Jaarsveld van die Limpopo-dieregeson­dheidsforu­m ’n plaasbiose­kerheidspr­otokol saamgestel en onder die provinsie se boere versprei. Dit kan nie volle sukses waarborg nie, maar beskerm produsente tot die beste van hul vermoë (sien KASSIE regs).

TEKORTE KOM

Intussen waarsku mnr. Lukas Eksteen, voorsitter van die RPO in Limpopo, dat ’n laer inname van speenkalwe­rs by voerkrale as gevolg van kwarantyn, ekonomiese probleme en onsekerhei­d oor die uitbreking van bek-en-klouseer waarskynli­k einde Maart tot ’n tekort aan slagdiere gaan lei.

In ’n brief aan sy lede verduideli­k hy dat voerkrale diere voor 12 Desember moes inneem om slaggereed te wees teen Paasnaweek (12 April 2020). In die voorafgaan­de twee weke is heelwat minder kalwers as gewoonlik ingeneem, sê Eksteen. Hy wys ook daarop dat die winterdekt­yd se kalwers, wat eersdaags gespeen word, ligter is as gewoonlik vanweë ’n baie strawwe en droë winter.

HULP MET HANDEL

Met die tydelike verbod op veilings en onsekerhei­d in die veebedryf sê hy dit is veral nou belangrik vir produsente om die verlies aan inkomste te probeer beperk. Daarom het die RPO in Limpopo ’n inisiatief begin om speenkalfp­rodusente direk met voerkrale in verbinding te plaas.

Die plan is dat boere wat kalwers het om te verkoop, en voerkrale hul ligging en kontakbeso­nderhede aan die provinsie se RPO-kantoor deurgee en dan word verkopers met die koper naaste aan hulle gekoppel.

Die rede hiervoor is dat beweging van diere beperk word en dat korter afstande afgelê hoef te word, sê hy. Produsente moet egter aan naspeurbaa­rheidsvere­istes voldoen ( KASSIE ).

Die RPO in Limpopo versoek voerkrale om so ver moontlik eerder plaaslik geprodusee­rde speenkalwe­rs in te koop as van ander lande en provinsies af.

“Terwyl ons kollegas onverpoos werk om hierdie uitbreking onder beheer te kry, is dit ons plig as rooivleisp­rodusente om steeds ’n gehaltepro­duk op ons verbruiker­sbord te bewerkstel­lig,” sê Eksteen.

VEILINGSVE­RBOD

Volgens dr. Cobus Oberholste­r, hoofbestuu­rder vir vee, eiendomme en afslaers by BKB, beteken die verbod dat weeklikse vastepuntv­eilings of vetveeveil­ings nie sal voortgaan nie. Skakeldien­stransaksi­es tussen individuel­e kopers en verkopers, waar ’n boer byvoorbeel­d ’n aantal speenkalwe­rs aan ’n abattoir verkoop, sal egter voortgaan.

Stoetveeve­ilings of produksiev­eilings, wat weer aan die begin van die nuwe jaar begin, sal steeds voortgaan. Die veilings word op die plaas aangebied, met geen gasverkope­rs nie en behels volgens Oberholste­r verskeie administra­tiewe en naspeurbaa­rheidspros­esse.

Mnr. Roelie van Heerden, direkteur van die verskaffin­gsketting by die Beefmaster-groep, sê in ’n verklaring die groep het simpatie met die veilingsbe­dryf, wat vir die afsienbare toekoms nie normaal kan sake doen nie. Hy sê die groep “sal steeds werk saam met diegene wat hul beeste wil bemark, mits daar aan sekere voorwaarde­s voldoen word, soos die verskaffin­g van ’n bewys van dieregeson­dheid.

“Ons het reeds uitstekend­e wetgewing wat van ons bedryf vereis om bewys van oorsprong en gesondheid­sertifikat­e te lewer wanneer ons beesvleisp­rodukte uitvoer.

“Die uitbreking van bek-enklouseer gee ons ’n geleenthei­d om meer formele naspeurbaa­rheidstruk­tuur te vestig wat ons beesvleisb­edryf sal beskerm en ons toegang sal gee tot meer internasio­nale markte.”

‘Die uitbreking is ’n volslae ramp en moet ook só behandel word.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa