Landbouweekblad

Trek boewe vas met dié kameras

Misdaad is landwyd ’n werklikhei­d wat talle lewens eis. Daarom het J3 Thermal besluit om sy produkte bekostigba­ar te maak.

- JEANRI MELLANBY Me. Jeanri Mellanby is ’n termograaf en -opleier met ASNT TC 1A-sertifiser­ing (vlak III). NAVRAE: E-pos: jeanri@ j3thermal.co.za, 079 508 5822; web: www.j3thermal.co.za

Suid-Afrikaanse boere se behoeftes is aan J3 Thermal bekend. Dus wil dié maatskappy hulle ondersteun deur, waar moontlik, Seek Thermalter­miese kameras teen ’n bekostigba­re prys te verskaf.

Seek Thermal-kameras is vir persoonlik­e gebruik vervaardig. Dié klein, kompakte, draagbare termiese kameras neem temperatuu­rfoto’s waarmee ’n mens die visueel onsigbare kan sien. Dit meet die energievla­kke van voorwerpe en skakel dit om in ’n volkleur-temperatuu­rfoto.

Die kamera word nie deur die son beïnvloed nie en kan snags én bedags gebruik word.

Geen kamoefleri­ngsbekledi­ng kan ’n Seek Thermal-kamera flous nie omdat die Seek Thermal steeds die energie wat vanuit die kamoefleri­ng ontsnap, kan sien. Tot klein temperatuu­rverskille kan die posisie bepaal van ’n ongenooide gas wat wegkruip.

Die Seek Thermal-kamera het 76 800 termiese beeldeleme­nte, wat ’n hoëresolus­ie-fotobeeld verseker wat in die interne geheue gebêre kan word. Dit kan later herroep word as bewys van die gebeure.

Hoewel geen termiese kameras deur vensters en mure kan skandeer nie, kan die Reveal Shield Pro-kamera deur rook of digte mis skandeer en ’n voorwerp tot op 700 m gewaar. Groter voorwerpe kan verder bespeur word. Die Reveal Shield Pro is robuus en maklik om te gebruik. Dit het die beste optiese beeldtegno­logie omdat dit aanvanklik vir militêre toestande vervaardig is. Die LCD-skerm kan verdof word sodat die lig nie jou posisie verklap nie. ’n Stroboskop­iese lig en ’n LED-lig van 300 lumen is ingesluit.

 ?? FOTO: J3 THERMAL ?? Dié foto’s is ná ’n inbraak met ’n J3 Thermal-kamera geneem. Die twee verdagtes is maklik opgespoor nadat hulle weggehardl­oop het.
FOTO: J3 THERMAL Dié foto’s is ná ’n inbraak met ’n J3 Thermal-kamera geneem. Die twee verdagtes is maklik opgespoor nadat hulle weggehardl­oop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa