Landbouweekblad

DROOGTEHUL­P NIE GEWAARBORG NIE

-

Wetenskapl­ikes in die Noord-Kaap het bereken dat die provinsie in die volgende drie maande R425 miljoen nodig het. As daar nie noemenswaa­rdige reën voor die einde van dié drie maande val nie, sal R600 miljoen vir die volgende drie maande benodig word. In hierdie stadium stoei hulle om die R425 miljoen te kry.

Mnr. Willem Symington van Agri NoordKaap sê hulle het in Oktober saam met amptenare van die nasionale departemen­t van landbou en die nasionale rampbestuu­rsentrum die provinsie deurkruis. Ten spyte van soms onsinnige vrae en voorstelle, was dit vir die organisasi­e ’n groot geleenthei­d om debat te voer met hulle, inligting te gee en die amptenare se mening te verander oor wat ’n rampdroogt­e is. Die amptenare is ook ingelig oor die hulp wat nodig is.

Een vraag wat glo gereeld opgeduik het, is hoekom die droogte nie verby is ná die R127 miljoen hulp wat boere verlede jaar gekry het nie. Die amptenare wou ook weet wat die boere self gedoen het en wat hulle in die toekoms gaan doen, gegewe dat droogte weens klimaatsve­randering die “nuwe normaal” is.

Oor vrae soos watter soort plant ’n “fodderbank” is en hoekom die boere nie spekboom plant nie, wil Symington liewer nie praat nie.

Wat hom behoorlik omgekrap het, was die voorstel dat die geld wat hulle vir droogtehul­p versoek, liewer gebruik moet word om ná die droogte nuwe skape vir die boere te koop.

“Ons kon verduideli­k wat die uitwerking van die droogte op die plaaslike ekonomie en die veestapel is en waarom dit nie ’n oplossing is om alle diere te laat uitslag en ander vee te koop as toestande beter is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa