Landbouweekblad

DORINGTURK­SVY WORD GOU VEEVOER

- — JOHAN NORVAL

Planne om die besmetting van doringturk­svy, veral in die Oos-Kaap, te bestry en vir veevoer aan te wend, vorder goed. Die projekvoor­leggings sal binne die volgende twee weke afgehandel word.

Prof. HO de Waal, ’n veekundige konsultant wat by die maatskappy Spiny Cactus Pear betrokke is, sê die opruiming van doringturk­svye kan tot ’n produksie van tot minstens 6 000 ton gedroogde veevoer per jaar lei wanneer die ondernemin­g sy volle produksie bereik.

De Waal sê met uitkontrak­tering onder bepaalde voorwaarde­s kan dié hoeveelhed­e aansienlik verhoog. Dié projek, wat by Bedford, Aberdeen en die bergagtige deel van Adelaide gaan begin, kom neer op die ontginning van ’n vergete voerbron vir vee. “Doringturk­svye besmet tans etlike honderde duisend hektaar in Suid-Afrika – ’n feit wat ek in my loopbaan as veekundige sedert die 1970’s tot my skok nou eers besef het.”

Volgens De Waal is die besmetting van doringturk­svye by Aberdeen só dig dat slegs klein wildsoorte, soos ystervarke, tarentale en primate, die gebied kan benut.

Die projek kan benewens die herwinning van veeweigebi­ed, die produksie van turksvye as veevoer ook minstens 100 mense heeltyds in diens neem. Wanneer die turksvye verwyder word, kry die veld kans om te herstel.

Die spanne gaan die turksvymat­eriaal oes, droog en maal en as ’n growwe meel kan dit saam met lusern en mielies tot 30% van ’n veerantsoe­n uitmaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa