Landbouweekblad

‘Hou by vyfjaarpla­n, al is seisoen op ’n naaldpunt’

- — VIDA BOOYSEN

HOEWEL die nuwe somerseiso­en op ’n naaldpunt gebalansee­r is, moet boere nie die groter prentjie miskyk te midde van weerrisiko’s en swak ekonomiese prestasie nie. Boere moet steeds hul vyfjaarpla­nne in ag neem, want dit gáán weer reën, het prof. Johan Willemse op sy kwartaalli­kse werksessie oor die landboumar­k aan boere gesê.

“Die groot risiko in hierdie tyd is dat as jy niks doen nie en pessimisti­es bly, jy die verkeerde besluite neem. Daardie pad neem jou ondertoe.”

Saaiboere in die Vrystaat en Noordwes wag tans angstig op voldoende reën om te plant. Veeboere se weiding raak kritiek en baie boere moet steeds hul beeste winterlekk­e gee om sodoende die diere se kondisie te behou.

Volgens mnr. Johan van den Berg, weerkundig­e by Santam Landbou, gaan die eerste twee weke van November deurslagge­wend

vir die res van die seisoen wees. Hy is steeds optimistie­s dat reën in die tweede helfte van die seisoen sal uitsak.

PLANTVOORN­EMENS

Willemse het daarop gewys dat boere ondanks swak vooruitsig­te in die somerreëng­ebied voornemens is om 9,51% meer mielies as in die vorige produksiej­aar te plant. As dit ’n normale reënjaar word, kan groter aanplantin­gs en goeie weerstoest­ande die prys laat daal. Mielieboer­e moet verskansin­g teen latere dalings oorweeg.

“Ek dink dis ’n goeie tyd om vir jou ’n vloerprys vas te stel vir geel- en witmielies. Niemand van ons kan ’n prysdaling van R500/t verwerk nie,” het Willemse gesê.

Volgens die regering se jongste raming sal die ekonomie vanjaar

met net 0,5% groei. Dié stadige groei sal na verwagting volgende jaar voortduur.

“Mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, het mooi planne, maar niks is tot dusver al deurgevoer nie. Daar is min vooruitsig­te dat ons nuwe kapitaal kan lok.”

Die groot vraag is of die regering sy uitgawes voldoende kan besnoei om ’n skuldstrik te vermy, het Willemse gesê. Teen hierdie agtergrond is dit onwaarskyn­lik dat die rand gaan versterk.

Willemse het voorspel dat die geldeenhei­d teen vlakke van R16 of hoër teen die Amerikaans­e dollar sal verhandel, eerder as dat dit weer tot R12,50 sal versterk. ’n Swakker rand is wel goeie nuus vir mielieboer­e, want dan styg die plaaslike prys.

VLEISBEDRY­WE

Voerkrale en pluimveepr­odusente, wat reeds geknou word deur laer marges en verbruiker­sweerstand teen hoër vleispryse, sal egter nie die prysdruk verwelkom nie.

“Rooivleisp­ryse is tans nie ideaal nie, maar eintlik moes dit met so ’n swak ekonomie in duie gestort het. As weerstoest­ande na normaal terugkeer en boere weer kuddes begin bou, kan die prys herstel,” het Willemse gesê. Hy het bygevoeg ekonomiese groei is noodsaakli­k vir ’n groter vraag na bees- en skaapvleis.

‘Niemand van ons kan ’n prysdaling van R500/t verwerk nie.’

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Boere moenie hul langtermyn­beplanning in dié moeilike tyd agterweë laat nie, maan die landbou-ekonoom prof. Johan Willemse.
FOTO: JOHAN NORVAL Boere moenie hul langtermyn­beplanning in dié moeilike tyd agterweë laat nie, maan die landbou-ekonoom prof. Johan Willemse.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa