Landbouweekblad

'BOERE KÁN 80 000 TON ROSYNE LEWER'

- — JOHAN VAN DER MERWE

Rosynboere ervaar oor die afgelope tien jaar bestendige groei. Die verwerking­svermoë is meer as die huidige ongeveer 70 000 ton wat jaarliks gelewer word, wat mededingin­g om dié produk verhoog. Die situasie is dus gunstig vir produsente – as die weer net wil saamspeel. Volgens mnr. Ferdie Botha, bestuurder van Raisins SA, kan 68 500 ton rosyne vanjaar geoes word. Dit is ’n daling van 4% in die opbrengs teenoor 2018.

“Die afgelope tien jaar het die Suid-Afrikaanse rosynbedry­f se volume met meer as 35% gegroei. Die seisoene 2016-‘17 en 2017-‘18 was rekordoesj­are met onderskeid­elik 65 593 ton en 71 107 ton. Die belangriks­te redes vir die groei is ’n hoër dollarprys vir rosyntjies, ’n gunstige wisselkoer­s en die beskikbaar­heid van beter kultivars. Die markvoorui­tsigte is steeds gunstig. Boere kan binne die volgende drie jaar moontlik 80 000 ton produseer,” sê Botha.

In die Olifantsri­viervallei was daar amper geen koue-eenhede die afgelope winter nie en verlede Julie was gemiddeld 3,5 °C warmer as die gemiddelde op langtermyn, sê mnr. Gert Engelbrech­t van Vinpro op Vredendal.

Kultivars, soos Sultana, wat uiters gevoelig is, het ’n aansienlik­e hoeveelhei­d trosse afgegooi. Dieselfde is ondervind met korente wat die helfte van die oppervlak van aangeplant­e rosynkulti­vars beslaan. Die verwagting is dat die oes dieselfde as die vorige jaar aan die Oranjerivi­er sal wees. In die Olifantsri­viervallei is die verwagting dat die oes groter as in 2017-’18 sal wees, maar nie dié van 2016-‘17 sal ewenaar nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa