Landbouweekblad

Geniet vakansiegh­olf op St. Francis se ou baan

Anders as wat ’n mens sou verwag, is daar niks opgesmuks aan die ou baan by St. Francisbaa­i nie.

-

St. Francisbaa­i, die rykmansdor­pie 100 km wes van Port Elizabeth, spog met twee bane. Een is natuurlik die indrukwekk­ende, moordende St. Francis Links wat Jack Nicklaus uit die sanduine en fynbos gekerf het (en waaroor ek ’n vorige keer geskryf het).

Dan is daar die ouer St. Francisbaa­i-baan, in die middel van die dorp, wat beskryf kan word as ’n vakansiegh­olfondervi­nding van topgehalte. Hoewel die baan langs die see lê, is dit nie juis ’n links-tipe baan nie. Tog beskou lede ’n strook vanaf die elfde tot die vyftiende as putjies wat beter natuurlike links-karaktertr­ekke toon as selfs Nicklaus se meesterstu­k.

Lede is ook trots op hul gasvryheid en dat hulle die baan met hul eie geld gebou het en onderhou. Dit gaan finansieel

goed met die klub, al kos dit nie ’n fortuin om daar te speel nie. Die baan en geriewe word voortduren­d opgeknap.

Die spel het hier begin op ’n private negeputjie­baan wat deur die bekende Bob Grimsdell ontwerp is. Dit is eers in die laat 1990’s uitgebrei tot 18 putjies met die hulp van die argitek Danie Obermeyer van George.

Die klub kon destyds nie ’n boumaatska­ppy bekostig nie, en het geld ingesamel deur onder meer lewenslang­e lidmaatska­p aan lede te verkoop.

NIE TÉ VEEL HINDERNISS­E

Die baan is teen sowat 5 500 m kort en het ’n syfer van 71, danksy drie syferdrie-putjies op die tweede nege. Die skoonvelde is taamlik plat en die setperke klein, terwyl sandkuile nie té veel pla nie. Plekplek is daar egter nog genoeg fynbos en kusplante op die ruveld om jou ronde te bemoeilik.

Die eerste nege bevat ’n klomp langerige syfervier-putjies, terwyl die tweede nege weer twee kort syferviers het. Al vier syfervyf-putjies is egter lank genoeg – met nommer 15 ’n volle 534 m.

Die dertiende bof, by die see, sit lekker hoog en gee jou ’n pragtige uitsig oor die omgewing, terwyl die kort, nou twaalfde waarskynli­k die baan se spogputjie is. As jou bofhou nie na wens is nie, is jou tweede hou blind.

As jy jou die dag op St. Francisbaa­i bevind en die wind woed, is dit raadsaam om liewer die ou baan pleks van die Links oorkant die pad aan te durf.

NAVRAE: 042 294 0467.

Die dertiende bof, by die see, sit lekker hoog en gee jou ’n pragtige uitsig oor die omgewing.

 ??  ?? Die klubhuis en omgewing van die St. Francisbaa­i-gholfklub.
Die klubhuis en omgewing van die St. Francisbaa­i-gholfklub.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa