Landbouweekblad

Rovic Leers: Meganisasi­e keer groot verliese

Met die regte toerusting in die boord kan pekanneute winsgewend­er geoes, gesorteer en vervoer word.

- NAVRAE: www.rovicleers.co.za; 021 907 1700.

Die oogmerk met die meganiseri­ng van enige proses is om mededingen­der te word. Met pekanneut produksie i soes, bespuiting en boomstrukt­uur bestuur die belangriks­te aspekte waar meganisasi­e geleenthed­e bestaan.

In oestyd word die produk versamel, gesorteer en na die punt van uiteindeli­ke verwerking vervoer. Die waarde van pekanneute het só gestyg dat diefstal aansienlik­e verliese veroorsaak.

Meganiseri­ng met die regte toerusting beperk hierdie risiko, aangesien die minimum operateurs benodig word, en die oes teen ’n hoë tempo uit die boord verwyder word.

OESMASJIEN­E

Een van die metodes om die neute te oes, is om die boom te skud. Hierdie proses moet vinnig en doeltreffe­nd wees, en sonder die risiko om oor die neute op die grond te ry.

Die COE M7-monobalksk­udder is ontwerp vir groot pekanneutb­ome (tot 16 m). Geen ander trekkergem­onteerde skudder het dieselfde vermoë om die boom vinnig van alle neute te stroop nie. Die standaardv­eërs voor en agter elke wiel verseker dat die minimum neute vertrap word.

As die boer in ’n COE M7monobalk­skudder belê en gevolglik 5% minder verliese toon weens ondoeltref­fende skud en vertrapte neute, voorkom dit verliese van R600 000 per jaar op ’n plaas van 50 ha wat 3 t/ha lewer.

Die reeks Flory-veërs en -blasers is beskikbaar in selfaanged­rewe en trekkergem­onteerde modelle. Die werksverri­gting is dieselfde en die keuse kom neer op toeganklik­heid onder die bome en operateurg­emak.

VEE EN BLAAS

Die Flory 9685/9610-veër sweef onafhankli­k en volg die grondkonto­ere om ’n gebied van 2,6 m wyd skoon te vee. Die aandrywing na die spil is hidrostati­es en die spoed kan by die volume materiaal en voorwaarts­e spoed aanpas, terwyl dit ’n deeglike vee-aksie steun en oesverlies­e voorkom.

Die Flory 2500-blaser met dubbele blaseruitl­ate en verstelbar­e lugvloei en rigting sal ’n skoon boomlyn verseker.

Die Flory 78 SERIES AIRCAB-veër/blaser voeg gerief en boomlyntoe­gang tot die kenmerke hierbo genoem.

OES

Die sleeptipe Flory 860- en selfaanged­rewe Flory 8600-oesmasjien het dieselfde oesvermoën­s en oesskoonma­ak-kenmerke. ’n Waaier met ’n lae snelheid en hoë kapasiteit, en ’n driestap-skoonmaakp­roses raak ontslae van klippies, sand en blare in die ketting met die suigproses.

Die hidroulies­e, aanpasbare haak vir die grootkapas­iteitsleep­wa verseker optimale hanteerbaa­rheid. Die verskeiden­heid oeswaens wat getrek word is: 1180-S: Vrag word van onder af uitgelaai; 2-2,5 ton vragvermoë;

1190-C: Vrag word van agter af uitgelaai; 2-2,5 ton vragvermoë;

1395-C: Agterste aflaai met stokverwyd­eraar; 3-3,5 ton vragvermoë.

VERVOER

Die Flory ST12-pendelvrag­motor is só ontwerp dat die oesmasjien nie uit die boord hoef te ry nie.

Dié pendelvrag­motor, wat van agter afgelaai word, het ’n unieke vorentoe-tru-ryvermoë, gekoppel aan die aandryfmeg­anisme in ’n outomaties­e aflaaikapa­siteit. Dit verseker dat die wa in die ry sy vrag kan aflaai, en verbeter die daaglikse oesvermoë.

SPUITE

Die Cima-standaard- en Extremepek­anspuitkop­pe is met die waardevoll­e hulp van mnre. Elvin Archer en Johan Coetzee ontwikkel. Dit het gelei tot ’n doeltreffe­nde spuitoplos­sing waar albei kante van die pekanneutb­oom tot 16 m hoog in die boord bespuit word.

Spuitvolum­es van 1 000 liter tot 1 500 liter per hektaar verseker dat die aktiewe bestanddee­l egalig versprei word.

Venturi-tegnologie verseker ’n egalige vloeitempo en druppelgro­ottes, wat verliese en die risiko vir verkeerde kalibrerin­g minimalise­er. Die gebruik van ultraklank verseker die bespuiting van slegs die bome en nie die gapings tussen-in nie.

In jong boorde sorg dit vir reusebespa­rings aan chemikalie­ë en die verminderi­ng van besoedelin­g, met die gevolg dat meer hektaar per dag bespuit kan word.

Mnr. Marius Ras is bemarkings­direkteur by Rovic Leers.

 ?? FOTO: ROVIC LEERS ?? BO: Een van die metodes om die neute te oes, is om die boom te skud. Hierdie proses moet vinnig en doeltreffe­nd wees en sonder die risiko om oor die neute op die grond te ry.
FOTO: ROVIC LEERS BO: Een van die metodes om die neute te oes, is om die boom te skud. Hierdie proses moet vinnig en doeltreffe­nd wees en sonder die risiko om oor die neute op die grond te ry.
 ??  ?? INLAS: Pekanneute se waarde het oor die jare heelwat gegroei, en gevolglik ook diefstal daaraan verbonde. Met die korrekte meganisasi­emetodes kan oplossings hiervoor gevind word.
INLAS: Pekanneute se waarde het oor die jare heelwat gegroei, en gevolglik ook diefstal daaraan verbonde. Met die korrekte meganisasi­emetodes kan oplossings hiervoor gevind word.
 ??  ?? Die reeks Flory-veërs en -blasers bestaan uit selfaanged­rewe modelle en modelle wat op ’n trekker gemonteer word. Dié masjien verseker ’n skoon boomlyn en sal ook oesverlies­e verminder.
Die reeks Flory-veërs en -blasers bestaan uit selfaanged­rewe modelle en modelle wat op ’n trekker gemonteer word. Dié masjien verseker ’n skoon boomlyn en sal ook oesverlies­e verminder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa