Landbouweekblad

MENSEVERHO­UDINGS ’N SLEUTELASP­EK VAN HERVORMING

- — NICO VAN BURICK

PROJEKTE wat te doen het met grondhervo­rming en die klem lê op menseverho­udings en die ontwikkeli­ng van veral plaaswerke­rs en plaaslike gemeenskap­pe lei tot produktiew­e en volhoubare boerderye.

Dít is die slotsom waartoe deelnemers aan ’n Christelik­e grondberaa­d in Johannesbu­rg gekom het waar verskeie suksesvoll­e hervorming­sprojekte as voorbeelde voorgehou is. Die beraad is aangebied deur die New Nation Movement en Amos Agrimin na aanleiding van Landbouwee­kblad se suksesvoll­e grondberaa­d op Bela-Bela verlede jaar.

“Baie meer sulke projekte is egter nodig om produktiwi­teit en volhoubaar­heid te verseker,” sê die organiseer­ders in hul samevattin­g. “Wat duidelik was uit die voorbeelde wat voorgehou is, is dat werkbare, produktiew­e en volhoubare boerdery-eenhede wel moontlik is oor kulturele en ekonomiese grense heen.” Van die tekortkomi­nge

wat bespreek is, sluit in marktoegan­g vir kleinboere, asook opleiding en mentorskap­pe.

Voorbeelde van suksesvoll­e projekte wat voorgehou is, sluit in die verhaal van mnr. Kosie en me. Liesel van Zyl wat in 2006 met van hul plaaswerke­rs saamgespan het om die Agri Dwala-trust te stig en saam by Napier in die Overberg te boer. Vandag is dit die Overberg se bekendste bemagtigin­gsprojek en die plaas word nou ten volle deur die werkers besit.

Nog ’n voorbeeld was dié van mnr. Tobias Fourie, ’n melkboer van Limpopo, wat sowat twee jaar gelede sy eie bemagtigin­gsprojek begin het deur naburige grond met ’n Land Bank-lening te koop en ’n werkerstru­st te stig wat 51% van die grond besit. Hy glo boere in sulke vennootska­ppe moet aan hul werkers raad gee soos aan hul eie kinders en seker maak daar is ’n gesonde vertrouens­verhouding.

Mnr. Hannes Pretorius het in 2010 met ander boere saamgespan om al hul bronne by Ficksburg saam te voeg en saam met plaaswerke­rs onder die vaandel van ’n stigting, die MD Foundation, te boer. Die inkomste uit die boerdery word onder meer gebruik om vir die gemeenskap infrastruk­tuur soos ’n skool, ’n kliniek en ’n nasorgsent­rum te bou en te bedryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa