Landbouweekblad

Vrugbare Ankole kraai koning(in)

-

Voorkoms is mooi, veral by die Ankole met sy sierlike, lang horings, maar vrugbaarhe­id kraai koning. Dis immers wenslik dat ’n koei elke jaar ’n kalf grootmaak. Hoë vrugbaarhe­id is dus die belangriks­te eienskap waarvoor mnr. Dail van Rensburg in sy Ankolestoe­tery selekteer omdat dit belangrik vir vooruitgan­g en wins is. Swaar speenkalwe­rs is ook belangrik.

Die Ankole is ’n gewilde bees in Suid-Afrika, onder meer danksy sy majestueus­e horings. Horingleng­te is egter nie al waarvoor mnr. Dail van Rensburg van die plaas Kalkpan by Delareyvil­le en Stella selekteer nie. Vrugbaarhe­id kry voorkeur. As ’n koei nie dragtig raak nie, betoon hy geen genade nie en sy word uit die kudde verwyder. Die uitsonderi­ng is tydens ’n ernstige droogte, soos die afgelope jare gereeld gebeur het. Andersins word nie-dragtige, vroulike diere uitgeskot, sê hy.

Nie eens stoetkalwe­rs word ontsien wanneer Van Rensburg selekteer nie. ’n Speenkalf moet vinnig groei en swaar speen, met ’n gesonde balans tussen dié twee kriteria.

Van Rensburg boer sedert 1983 op Kalkpan en besit ook ander plase by Delareyvil­le en Stella. Benewens die Ankole, wat hy reeds in die 1980’s aangeskaf het, het hy ook Santa Gertrudis- en Romagnola-beeste in sy Rensbou-stoeterye.

DIE ELITEKOEI

Die Elitekoei Rensbou DT 08/0010 is elf jaar oud, het reeds agt kalwers gehad en haar tussenkalf­periode (TKP) is 395 dae. Sy is ’n koei met goeie kapasiteit, goeie sprong van rib en handhaaf altyd ’n goeie kondisie op die veld. Die TABEL toon die koei se besonderhe­de.

Van Rensburg beskryf haar as ’n tipiese Ankolekoei met lang, sirkelvorm­ige horings. Sy is baie vroulik en het ’n gladde haarkleed en korrekte bouvorm. Die koei loop gemaklik.

Die Ankole is bekend om sy hoë vrugbaarhe­id, sê hy. Die ras dateer so ver terug as die farao’s in Egipte en verskyn op baie van die hiërogliew­e wat op klip uitgebeite­l is. Hulle kom hoofsaakli­k van Uganda en omliggende lande. Die vraag neem toe en boere wat hulle koop, doen dit omdat dit as ’n buitengewo­ne beesras beskou word en hulle van iets besonders hou.

Die horings se lengte en basis word afsonderli­k gemeet. Bulle het korter, dikker horings as die koeie met langer, dunner horings het, net soos by gemsbokke. Van Rensburg het bulle met ’n horingomtr­ek van tot 60 cm en ’n lengte van tot 90 cm. Koeie se horings word tot 1,1 m lank.

TEEL EENVOUDIG

Die kern van stoetboerd­ery is om dit eenvoudig te hou.

“Moenie dinge ingewikkel­d maak nie. Probeer voortduren­d om die wins te verhoog. Droogtes kom ál gereelder voor. Daarom is my voorrangsa­ak om die veldbestuu­r op die hoogste vlak te hou en só te verseker die beeste kan optimaal produseer.”

Die beweidings­tydperk per kamp is so kort moontlik en die rustyd so lank moontlik om die gras kans te gee om saad te skiet en te vermeerder om ’n groot voerbank vir droë tye te skep.

BO: Die Ankole-elitekoei, DT 08/0010, is elf jaar oud en het al agt kalwers gehad. Haar tussenkalf­periode is 395 dae. Sy het goeie kapasiteit en goeie sprong van rib. FOTO: DAIL VAN RENSBURG

INLAS: Mnr. Dail van Rensburg. FOTO: CHARL VAN ROOYEN

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa