Landbouweekblad

SA bedrywe steek af by oorsese eweknieë

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKAANSE hoendersla­gplase gebruik meer water as hul eweknieë in die Europese Unie (EU) en Brasilië, terwyl plaaslike suiker- en suiwelverw­erkers beter vaar.

Syfers hieroor i sop’ n werksessie oor water doeltreffe­ndheid in die voedsel verwerking­sektor in Pretoria bekend gemaak.

Die werksessie is deur die landbousak­ekamer Agbiz en die Internatio­nal Finance Corporatio­n (IFC), deel van die Wêreldbank-groep, aangebied.

Mnr. Raymond Greig, spesialis in hulpbron doeltreffe­ndheid by di eI F C, het gesê navorsing toon dat slagplase die meeste water in die hoender produksiep­roses gebruik, en dat Suid-Afrikaanse slagplase gemiddeld 28% meer gebruik as wat die beste praktyk in die EU is. In Suid-Afrika word 12,8 liter water/hoender gebruik en in Brasilië 10,4 liter/hoender. Die beste praktyk in die EU is 10 liter/hoender.

Mnr. Hermann Brelage, groep ingenieur by die Suid Afrikaanse pluimvee produsent Country Bird Holding s, wat die werksessie bygewoon het, het egter gesê ’n mens kan nie altyd regstreeks­e vergelykin­gs tref nie, omdat omstandigh­ede verskil. Suid-Afrika is byvoorbeel­d baie warmer as Europa en plaaslike hoendersla­gplase gebruik water om karkasse af te koel.

SUIWEL EN SUIKER

Volgens Greig vergelyk die Suid-Afrikaanse melkverwer­kingsbedry­f baie goed met sy eweknieë in Brittanje, Swede, Finland, Noorweë en Kanada, maar hy gebruik steeds 2,8 keer meer water as die beste praktyk.

In die suiwelbedr­yf kan min gedoen word rakende die water wat vir diere nodig is, wat sowat 70% van die totaal is. Daar kan egter baie water in die verwerking­sproses bespaar word, sê Greig.

In Kanada het ’n middelgroo­t geïntegree­rde suiwelonde­rneming sy waterverbr­uik met 18,9% verminder deur sy aandag toe te spits op die hergebruik van water in die verwerking­sproses.

Die waterverbr­uik van die plaaslike suikerverw­erkingsbed­ryf vergelyk volgens Greig goed met ander lande s’n. Die gemiddelde verbruik is plaaslik 0,37 kiloliter/ton suikerriet. In Brasilië is dit 2 kiloliter/ton suikerriet.

Een van die plaaslike suikermeul­ens gebruik slegs 0,04 kiloliter/ton suikerriet. Greig sê dit is ’n meule wat nie, soos ander meulens, toegang tot rivierwate­r het nie en munisipale water moet gebruik. Dit het daartoe gelei dat die meule baie moeite gedoen het om beste praktyk toe te pas en waterbespa­rende infrastruk­tuur te installeer.

Greig sê ’n ondernemin­g wat homself aan die beste praktyk meet, kan só sy gapings identifise­er. Maatskappy­e wat ’n stelselmat­ige benadering tot die verminderi­ng van waterverbr­uik volg, behaal volgens hom ’n verminderi­ng van 20% tot 50%.

STRATEGIES­E DENKE

Die drankverva­ardiger Distell het sy waterverbr­uik in Suid-Afrika reeds met 25% verminder. Mnr. Jacques Rossouw, groepbestu­urder van omgewingsv­olhoubaarh­eid, sê dit is ’n langtermyn­proses wat strategies­e denke verg.

Altesaam 12 van Distell se 16 plaaslike produksie-aanlegte is in die Wes-Kaap.

Volgens Rossouw het Distell in 2010 na doeltreffe­ndhede begin kyk en het reeds groot vordering gemaak toe die provinsie verlede jaar waterbeper­kings gehad het. In 2009 het die maatskappy, wat ’n gemengde mandjie van produkte het, 4,2 liter water per liter verpakte produk gebruik, maar teen die einde van sy 2018-boekjaar was dit 3,1 liter water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa