Landbouweekblad

HIER IS DIE LNR SE BESTES

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE Landbounav­orsingsraa­d (LNR) het vanjaar vir die 40ste keer sy topprestee­rders in die Nasionale Vleisbeesa­antekening-en-veeverbete­ringskema aangewys.

Elite-eerbewyse is aan telers van 21 koeie gemaak. Altesaam 18 bulle het eerbewyse in die Spesiale Prestasie Toetsklas ontvang.

Bulle afkomstig van ses verskillen­de beesrasse het ook Platinum-eerbewyse ontvang, terwyl die Nasionale Ontwikkele­nde Rooivleisp­rodusent van die Jaar en die gesogte Nasionale Vleisbeesv­erbetering­skudde van die Jaar ook aangewys is.

Dr. Ben Greyling, die LNR se navorsings­panleier, het by die oorhandigi­ngseremoni­e gesê die skema is reeds byna 60 jaar oud en het ’n sentrale rol gespeel in die verbeterin­g van die genetiese potensiaal van die nasionale kudde deur die toepassing van aantekenin­gdienste en bykomende tegnologie.

WENNERS

Mnr. Cristopher Sparks van Harrismith het die toekenning vir die Nasionale Vleisbeesv­erbetering­skudde van die Jaar ontvang.

Mnr. Nsikayekha­ya Shabalala van Afrikan Farms van Amersfoort in Mpumalanga het die nasionale Kommersiël­e Vleisbeesp­rodusent van die Jaar-prys ontvang.

Dit gee erkenning gee aan ’n kommersiël­e vleisbeesb­oer wat aktief deelneem aan prestasiem­eting en wat vordering toon in sy of haar eie boerdery deur die toepassing van bestaande prestasiem­etingstegn­ologie.

Me. Thokozile Mathelela van die plaas Schoonoord naby Hendrina in Mpumalanga het die LNR-eerbewys vir die nasionale Ontwikkele­nde Rooivleisp­rodusent van die Jaar ontvang.

Sy is gekies uit nege finaliste – almal deelnemers aan die LNR se Kaonafatso ya Dikgomo skema, wie se kuddebestu­urspraktyk­e, sowel as kuddeprest­asie oor die afgelope jaar aansienlik verbeter het.

Mnr. Cois Harman van Marico is aangewys as die LNR se nasionale Mentor van die Jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa