Landbouweekblad

DÍS HOEKOM MINDER BOERE MIELIES PLANT

- NICO VAN BURICK

DAAR heers kommer oor die afname in die getal mielieboer­e in Suid-Afrika.

Op ’n onlangse vergaderin­g van die Mielieforu­m is ’n verband tussen die sukkelende mieliemark en die grootskaal­se invoer van hoendervle­is uitgewys.

Op dié vergaderin­g in Pretoria het dit aan die lig gekom dat die mielieboer­e verminder het van 7 562 in 2010 tot 4 399 vanjaar.

Die oorblywend­e boere beplant egter meer hektaar per boer. In 2010 was die gemiddelde 363 ha per boer, en vanjaar was dit 527 ha. Sowat 217 000 ha (9%) van die mielies was onder besproeiin­g.

Mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, het die afname toegeskryf aan gebrekkige winsgewend­heid en ’n ooraanbod.

“As meer mielies uitgevoer en minder hoendervle­is ingevoer word, sal die vraag en aanbod meer in balans wees. As daar nie hoendervle­is ingevoer word nie, kan die plaaslike pluimveebe­dryf in so ’n mate uitbrei dat ’n bykomende 2 miljoen ton mielies vir voer benut word. Só kan die landbou gebruik word om werk te skep.”

INTERNASIO­NALE HANDEL

Wat uitvoer betref, sê mnr. Nico Hawkins, hoofbestuu­rder van die Suid-Afrikaanse Graaninlig­tingsdiens (Sagis), daar is van 1 Mei tot 5 Oktober vanjaar altesaam 165 418 ton wit mielies en 1,2 miljoen ton geel mielies uitgevoer. Die meeste wit mielies (54,4%) is na Botswana uitgevoer en die meeste geel mielies (47%) na Viëtnam.

Mnr. Dirk Kok, woordvoerd­er van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Graan- en Oliesaadha­ndelaars (Sacota), het gesê Iran kan ’n nuwe uitvoerbes­temming vir Suid-Afrikaanse mielies word. Invoerders daar moet egter eers ’n invoerperm­it bekom, en hulle werk nog daaraan. Verder is China ook besig om na ’n protokol te kyk vir die invoer van Suid-Afrikaanse mielies.

OORSKAT

Daar is aanduiding­s dat vanjaar se mielie-oes van 12,9 miljoen ton dalk met sowat 3% oorskat is as dit vergelyk word met die fisieke lewerings tot dusver en die gemiddelde lewerings teen hierdie tyd die afgelope vyf jaar.

Me. Rona Beukes, die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se verteenwoo­rdiger in die Nasionale Oeskatting­skomitee, het gesê dit lyk in dié stadium of daar dalk sowat 100 000 ton wit mielies en tot 300 000 ton geel mielies van September se totale skatting van 12,9 miljoen ton afgetrek sal moet word. Normaalweg is 93% van wit mielies teen hierdie tyd gelewer, maar die lewerings staan nou op 91%. By geel mielies is dit normaalweg 95%, teenoor 90% nou. Die finale skatting word in Februarie 2019 gedoen.

As die skatting egter bly soos dit is, sal dit die vierde grootste oes nóg wees. Die opbrengs van 5,58 ton/ha sal die naasbeste opbrengs nóg wees ná die vorige jaar se opbrengs van 6,4 ton/ha.

In 21 jaar het dit nog net vier keer gebeur dat die oes oorskat is, en 17 keer is dit ietwat onderskat. In al die jare was die oorskattin­g nog net een keer (in 2005) meer as 5%. Die onderskatt­ing was drie keer beduidend meer as 5%. Dit was in 2000, 2002 en 2004.

Wat die produksie van mielies vanjaar betref, kom 42% uit die Vrystaat, 22% uit Mpumalanga, 17% uit Noordwes, 5% uit KwaZulu-Natal, 5% uit die NoordKaap en 8% uit die res van die land. Die distrikte waar die meeste mielies verbou is, is Lichtenbur­g (5,3%), Bothaville (4,9%) en Middelburg (3,9%).

 ?? FOTO: ?? Mnr. Jaco Minnaar
FOTO: Mnr. Jaco Minnaar
 ?? FOTO: ?? Mnr. Nico Hawkins
FOTO: Mnr. Nico Hawkins
 ?? FOTO: ?? Me. Rona Beukes
FOTO: Me. Rona Beukes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa