Landbouweekblad

WÊRELD SE EERSTE ‘HERLEWINGS­WOL’ KOMVANSA

- FREDALETTE UYS

DIE wêreld se eerste wol afkomstig van herlewings­landboupra­ktyke is gereed vir die mark – en kom van Suid-Afrika.

Volgens die Savory-instituut in Suid-Afrika is die eerste skeersel wol wat aan sy kriteria vir gunstige ekologiese gevolge voldoen, voorverled­e week by die internasio­nale wolmark in Port Elizabeth afgelaai. Dit word vandeeswee­k opgeveil.

Die Savory-instituut is ’n internasio­nale organisasi­e wat hom beywer vir omgewingsv­riendelike­r boerderypr­aktyke. Die instituut se Ecological Outcome Verificati­on (EOV)-sertifiser­ing gee kopers die versekerin­g dat die wol afkomstig is van ’n plaas waar die grond besig is om te herleef.

“Handelsmer­ke en ondernemin­gs wat EOV-wol op die Port Elizabeth-wolbeurs aankoop, sal vroeë ondersteun­ers wees van ’n stelsel waar holistiese bestuur geverifiee­r word om gunstige gevolge vir grondvrugb­aarheid, biodiversi­teit en wateropber­ging te behaal,” luidens die verklaring van die Savory-instituut in Suid-Afrika.

MIGRASIEPA­TRONE

Mnr. Neil Evens, die eienaar van dié skeersel wol, boer tussen Cathcart en Hogsback in die Oos-Kaap. Hy sê die doel van die EOV-sertifiser­ing is nie om geld te maak nie, maar om verbruiker­s te oorreed om eerder produkte te koop wat gunstig vir die ekologie is.

Evens en sy vrou, me. Robyn Conroy, bestuur die afgelope 20 jaar hul grond en vee volgens holistiese beginsels. Hulle boer met skape en beeste wat hulle in groot troppe bestuur om natuurlike migrasiepr­osesse na te boots. Hulle sê sedert hulle dié benadering begin volg het, het hul grond se drakrag en produksie verhoog.

Evens se hele skeersel Merinowol het EOV-sertifiser­ing. Hy sê daar is sprake van modehuise wat in die wol belang stel. Hulle sal met kopers in Suid-Afrika moet saamwerk om die wol op die ope mark te koop.

NIE NET WOL

Volgens Evens is die tegnieke wat die Savory-instituut voorstaan, daarop gemik om deur grondbestu­ur koolstof uit die atmosfeer te onttrek en in die grond vas te lê. Dit konsentree­r nie spesifiek op wolboerder­y nie.

“Dit gaan eerder daaroor om die omgewing op te bou, maar ons kan steeds goeie wol lewer terwyl ons dit regkry,” sê hy.

Die EOV-sertifiser­ing is volgens die instituut se webwerf die afgelope drie jaar ontwikkel. Dit word in ander lande toegepas by onder meer vleis-, suiwel- en leerproduk­te. Vir ’n boerdery om in aanmerking te kom, moet dit sekere uitkomste vir grondgeson­dheid, biodiversi­teit en ekostelsel­werking behaal.

Gesertifis­eerde boerderye sal op ’n internasio­nale lys van verskaffer­s verskyn, vanwaar kopers toegang kry tot produkte wat volgens herlewings­beginsels geprodusee­r is. –

 ?? FOTO: SAVORY-INSTITUUT ?? Mnr. Neil Evens met sy skeersel wol wat deur die Savory-instituut gesertifis­eer is.
FOTO: SAVORY-INSTITUUT Mnr. Neil Evens met sy skeersel wol wat deur die Savory-instituut gesertifis­eer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa