Landbouweekblad

60 jaar se volgehoue sukses

Landboumaa­tskappye is een van die steunpilar­e van die Suid-Afrikaanse landbou omdat hulle goeie produkte aan boere verskaf. Daar is deesdae min landboumaa­tskappye wat ná 60 jaar steeds in Suid-Afrikaanse besit is. Agricol is egter één maatskappy wie se wo

- NAVRAE: E-pos: JSwanepoel@ agricol.co.za

Agricol, ’n wêreldklas­maatskappy, bied die afgelope 60 jaar uitgebreid­e akkerbouen weidingsre­ekse aan Suid-Afrikaanse boere wat die sukses van talle boerderye vergemakli­k het.

Agricol is ook bekend as die saadmaatsk­appy in Suid-Afrika wat sedert 1958 die grootste verskeiden­heid saadproduk­te van ’n goeie gehalte, asook puik diens, aan boere lewer.

VERSKEIE PRODUKTE

Agricol se uitgebreid­e produkreek­s bestaan tans uit 93 verskillen­de gewasse, 258 kultivars en 22 weidingmen­gsels. Die groot hoeveelhei­d saadproduk­te wat Agricol vandag verkoop, het egter nie oornag ontstaan nie. Jare se ontwikkeli­ngswerk het in elke gewas, kultivar en weidingmen­gsel gegaan voor die produk aan boere versprei is.

Agricol het in die laat 1950’s ’n baie beskeie ontstaan gehad. Mnr. Martin Andrag, een van die stigtersle­de, het 10 kg serradella­saad op ’n oorsese reis bekom. Saadvermee­rdering is deur mnr. Willie Mostert, wat later die besturende direkteur van Agricol geword het, behartig.

Serradella het vinnig ’n treffer in die Kaap geword en was ver- al gewild as voergewas, asook vir die verbeterin­g van die arm en suur sandgrond van die Wes-Kaap.

Later is daar ook 1 ton Australies­e gras en klawersaad ingevoer en met groot sukses verkoop.

Saadvermee­rdering was aansienlik meer werk in daardie jare, maar danksy die gewildheid van die gewasse het dinge vinnig posgevat en in 1958 het Agricol ongeveer 90% van die wêreld se serradella­saad geprodusee­r.

MYLPALE

Die eerste paar jaar is daar op weidingsge­wasse, soos hawer en wit en geel soetlupien­e gekonsentr­eer. Mettertyd is meer gewasse beproef vir hul aanpasbaar­heid by Suid-Afrikaanse toestande.

Teen 1987 is die Agricol-produklys aansienlik uitgebrei met gewasse, soos lusern, meerjarige raaigras, langswenkg­ras, kropaargra­s, Japannese radyse, akkerbone, Dolichos en voersorghu­m wat bygevoeg is. Agricol het ook baie meer saad in die binneland begin verkoop en produkte vir die somerreëns­treek is op groter skaal begin beproef.

In 1992 is ’n groot myplaal in Agricol se geskiedeni­s behaal. Ná ’n tydperk van toetsing het die maatskappy kanolasaad in die Wes-Kaap met groot sukses begin verkoop. Vandag spog Agricol steeds met een van die mees mededingen­de kanolakult­ivarpakket­te in die land.

SONNEBLOMS­AAD

Agricol beskou 1996 as sekerlik een van die jare in sy bestaan wat dié eens nederige weidingsaa­dmaatskapp­y se koers vir die toekoms radikaal verander het. Die maatskappy het sonneblom tot sy produklys gevoeg. Met die hulp van mnr. Whitey van Pletsen, vandag Agricol se produksieb­estuurder, is die kultivar HV3037 bekom. Dit was baie gewild onder sonneblomb­oere.

’n Paar jaar later is daar ook in ’n sonneblomt­eelprogram belê, en kort voor lank was Agricol bekend as die Suid-Afrikaanse saadmaatsk­appy met die beste sonneblomk­ultivars op die mark – ’n posisie wat hy tot vandag behou het.

GRAAN

Ondanks die sukses wat Agricol met sonneblom in Suid-Afrika gehad het, is daar vroeg in 2000 besluit om ook die graansorgh­ummark te betree met van die beste sorghumtee­lmateriaal wat van reg oor die wêreld verkry is.

In 2008 het Agricol ook tot die mieliemark toegetree met die bekendstel­ling van die IMPAK-reeks, wat boere die voordeel van konvension­ele mielies én biotegnolo­gie gee vir suksesvoll­e mielieverb­ouing.

In 2013, met die stygende vraag na sojabone in Suid-Afrika, het Agricol die Don Mario-sojaboonre­eks bekend gestel.

In 2018 is die maatskappy se sojaboonku­ltivars van die beste kultivars in die Land- bounavorsi­ngsraad se proewe in die koel, matige en warm gebiede aangewys.

WEIBARE MENGSELS

Dekgewasse is deesdae ’n gewilde bespreking­spunt, veral onder boere wat op ’n biologiese manier hul grondstatu­s wil verbeter. Agricol het in 2017 die Agrilife Grazer-reeks bekend gestel vir boere wat meer spesievers­keidenheid op hul grond soek met die doel om meer organiese koolstof in die grond op te bou.

Die Agrilife Grazer-reeks bestaan uit beweibare dekgewasme­ngsels. Dit beteken boere wat kontantgew­aslande vir ’n produksiej­aar onttrek, sal steeds die voordeel van beweiding op daardie lande hê.

Die Agrilife Grazer-reeks bestaan uit Agrilife 12, wat ’n somerdekge­wasopsie is, en Agrilife 2, wat ’n winterdekg­ewasopsie is. Daar is ook ’n gesamentli­ke winter-en-somerdekge­wasopsie, naamlik Agrilife 21+, wat uit meer as 21 verskillen­de someren wintergewa­sse bestaan.

Of boere winterweid­ings, somerweidi­ngs, akkerbouge­wasse, dekgewasse of selfs turfgrasse wil plant, Agricol is die eerste naam wat na vore kom.

Agricol sien uit na die volgende 60 jaar saam met sy lojale klante. Na aanleiding van die sukses wat die afgelope 60 jaar vir Suid-Afrikaanse vee- en saaiboere teweeg gebring is, is daar baie mense wat nuuskierig is om te weet in watter rigting die Agricol-produkreek­s volgende uitgebrei gaan word.

Plant in die kol, plant Agricol.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa