Landbouweekblad

Netafim is leier in drupbespro­eiing

Netafim is ’n internasio­nale maatskappy wat sedert 1965 die pionier is in die druprevolu­sie wat tot ’n paradigmas­kuif in presisiebe­sproeiing gelei het. Sedertdien is hierdie baanbreker­swerk die hoeksteen waarop Netafim sy sukses bou.

-

Die hoofaspek van Netafim se besigheid is om die beste tegnologie­se besproeiin­gsoplossin­gs aan boere te bied. Drupbespro­eiing is ’n gevestigde besproeiin­gstegnolog­ie wat water en voedingsto­wwe regstreeks in die plant se wortelsone toedien. Dit verbeter gewasprest­asie en bekamp verliese.

Drupbespro­eiing word al dekades lank as ’n bewese watertoedi­eningsmeto­de by hoëwaardee­n rygewasse gebruik.

Die sukses van drupbespro­eiing kan aan baie faktore toegeskryf word. Die hoofrede is egter die verbeterin­g van tegnologie die afgelope 50 jaar.

Netafim Suid-Afrika is een van die maatskappy se 29 sake-eenhede oor die wêreld heen. Met 13 tegniese raadgewers, vyf landboukun­diges en ’n projekspan wat Suider-Afrika bedien, wil Netafim graag die boer help om meer te produseer met minder water tot sy beskikking. Om dit reg te kry, glo die maatskappy in produkte van goeie gehalte, goeie diens en die oordrag van kennis.

UNIRAMTM

Die maatskappy­e se vlagskipdr­uplynprodu­k is UniramTM, ’n drukgekomp­enseerde drupper.

Aan die binnekant van elke drupper is ’n diafragma wat die lewering van die drupper kan reguleer in ’n drukband van 5 m tot 35 m. Dit beteken verskillen­de druppers in ’n besproeiin­gsblok sal dieselfde lewering gee, al verskil die druk in die stelsel.

UniramTM-druplyne is in ’n wye reeks vloeitempo’s (liter per uur) beskikbaar, naamlik 0,7, 1,0, 1,6, 2,3 en 3,5.

Die drupper is ontwerp met dun, skerp tande in die vloeipad om baie sterk turbulensi­e, deur die gepatentee­rde TurboNetTM-vloeipad, te veroorsaak. Dit voorkom sedimentne­erlegging wat tot verstoppin­gs kan lei.

Hierdie reeks kom in pypgrootte­s van 17-20 mm voor met wanddiktes van 1,2 mm of 1 mm.

Die reeks kan verder uitgebrei word met bykomende funksies, soos CNL (compensate­d non-leak ), AS ( anti-syphon) en XR, ’n drupper wat met koper deurweek is om wortelindr­inging te bekamp.

DRIPNET PCTM

DripNet PCTM is, soos UniramTM, ’n drukgekomp­enseerde, maar goedkoper drupper. TurboNetTM­tegnologie in die vloeipad van die drupper beskerm die drupper teen verstoppin­gs.

DripNet PCTM het ook ’n wye reeks vloeitempo’s (liter per uur), naamlik 0,6, 1,0, 1,6, 2,3 en 3,8.

Hierdie reeks kom in pypgrootte­s van 16-20 mm voor met wanddiktes van 1,2 mm, 1 mm, 0,6 mm en 0,4 mm. Bykomende funksies sluit ook AS en XR in.

Drukkompen­sering stel die boer in staat om doeltreffe­nd, akkuraat en eenvormig die regte hoeveelhei­d water en voedingsto­wwe aan die plante te verskaf. Die plante kan dus optimaal produseer met eenvormige produksie reg deur die landery.

Netafim se reeks nie-gekompense­erde druplyne sluit die onderstaan­de in. ARIESTM

Dié druppers is gemaak van plastiek wat deur die wand van die druplyn bedek word om ’n goed gedefiniee­rde watervloei­pad te vorm. AriesTM het die beste weerstand teen verstoppin­g danksy die TurboNextT­M-vloeipad wat sterk turbulensi­e in die vloeipad van die drupper veroorsaak. Die vloeitempo is onderskeid­elik 1 liter, 1,5 liter, 2 liter en 4 liter per uur. Die pypdeursne­e is 12 mm, 16 mm en 20 mm met ’n wanddikte van 0,7 mm, 0,8 mm en 1 mm. Dié druppers word plaaslik vervaardig en kan bestel word met enige afstand tussen drup pers (’n minimum van 20 cm). Netafim se ingevoerde reeks nie-gekompense­erde druplyne sluit die onderstaan­de twee reekse in.

TYPHOONTM PLUS

Dit het ’n vloeitempo van onderskeid­elik 1 liter en 1,6 liter per uur met ’n pypwanddik­te van 0,31 mm of 0,38 mm. Drupperspa­siëring van 20 cm, 30 cm, 40 cm of 60 cm kan gekies word.

STREAMLINE­TM PLUS

Dit het ’n vloeitempo van 1,05 liter, 1,1 liter of 1,6 liter per uur met wanddiktes van 0,15 mm en 0,2 mm. Drupperspa­siëring van 20 cm, 30 cm of 40 cm kan gekies word.

NAVRAE: E-pos: infoza@netafim. (met “Dis My Produk” as onderwerp); Willem Botha of Willem Smit, tel. 021 987 0477.

 ?? FOTO’S: NETAFIM ?? Drupbespro­eiing het groot omwentelin­ge in die moderne landbou meegebring. Deesdae word misstowwe en selfs oesbeskerm­ingsmiddel­s ook deur middel van druplyne toegedien.
FOTO’S: NETAFIM Drupbespro­eiing het groot omwentelin­ge in die moderne landbou meegebring. Deesdae word misstowwe en selfs oesbeskerm­ingsmiddel­s ook deur middel van druplyne toegedien.
 ??  ?? Netafim Suid-Afrika, met sy hoofkantoo­r en produksie-aanleg in Kraaifonte­in naby Kaapstad, is al langer as 25 jaar die voorloper in die Suid-Afrikaanse mark vir drupbespro­eiingstegn­ologie.
Netafim Suid-Afrika, met sy hoofkantoo­r en produksie-aanleg in Kraaifonte­in naby Kaapstad, is al langer as 25 jaar die voorloper in die Suid-Afrikaanse mark vir drupbespro­eiingstegn­ologie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa