Landbouweekblad

NUWE SLUITMEGAN­ISME VIR HEDENDAAGS­E TYE

-

Mnr. Ettienne Kock, ’n Suid-Afrikaanse ingenieur, patenteer nou ’n revolusion­êre deurslot wat as ’n lem oor 80% van die deur se kant strek en in ’n gleuf in die raam inskuif as die deur gesluit word.

Hy sê tradisione­le deurslotte is ontwerp vir 400 jaar gelede se behoeftes, terwyl die hedendaags­e misdaadsit­uasie ’n ander benadering vereis. Deure met ’n tradisione­le slot kan gewoonlik oopgeskop of met ’n stuk yster oopgedwing word, of ’n kenner kan die slotmegani­sme sonder ’n sleutel oopmaak. Met Kock se ontwerp is dit egter nie moontlik nie.

Met sy ontwerp word die las oor 80% van die deur versprei en die sterkte van die deur maak nie soveel saak nie. Dit werk ook nie met ’n sleutel nie. Die slot kan meganies oop- en toegesluit word of gestel word om met afstandbeh­eer of ’n selfoon te werk. Dié elektro-meganiese sluitstels­el kan ’n deur en veiligheid­shek in minder as ’n sekonde sluit.

Die deur kan deel vorm van ’n kluis, dit kan as gewone toegangsde­ure benut word of saam met ’n veiligheid­shek gebruik word. Die gebruiker het die keuse of hy die deur en veiligheid­shek saam wil oop- en toesluit of net die deur oopsluit, terwyl die veiligheid­shek toe bly. PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Mnr. Ettienne Kock, e-pos: info@ noentryloc­ks.com, sel 073 200 1852.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa