Landbouweekblad

Regte dekgewasbe­stuur: Tem onkruid, verbeter wins en bemes doeltreffe­nd

Daar is maniere om die gebruik van dekgewasse na ’n vlak te neem waar onkruid by kontantgew­asse onderdruk word, stikstofku­nsmis doeltreffe­nder is en opbrengste styg.

-

Mnr. Steve Groff sê in die omgewing van Bergville en Winterton, waar daar ná oestyd nog vog in die grond is, behoort boere die vog op te vang deur dekgewasse te vestig. Hy vra ook wat word van die stikstof wat nog in die grond is as ’n ander plant dit nie gebruik nie. “As dit swaar reën, kan alles uitloog, maar ’n dekgewas kan dit benut en ook ander voordele inhou.”

Dekgewasse wat strategies bestuur word om langtermyn­doelwitte te bereik, kan boere ryklik beloon.

Dié mondvol kom van mnr. Steve Groff, ’n boer van die plaas Cedar Meadow in die Amerikaans­e deelstaat Pennsilvan­ië. Hy tree ook as “dekgewasaf­rigter” vir ander boere op.

Op die tweede dag van die geenbewerk­ingsklub van KwaZulu-Natal se jaarlikse konferensi­e het hy gesê boere kan maklik ontmoedig wees ná so ’n konferensi­e waar hulle gehoor het van al die suksesse wat ander boere met dekgewasse behaal.

Hulle moet egter onthou dat hy al 35 jaar daarmee besig is en dit sy lewe lank as ’n reis sal beskou. “Dis nie ’n bestemming nie. Grondgeson­dheid, een van die voordele van dekgewasse, is ’n lewenslang­e taak, nie iets wat jy oornag gaan regkry nie.”

Dekgewasse is ’n betreklik nuwe konsep en volgens hom boonop ’n teiken wat bly verskuif. “Hoe langer jy daarmee besig is, hoe meer verander die spelreëls.”

Hy skryf dit toe aan verskille tussen kampe en verbeterin­gs en veranderin­g in grond wat lank in ’n dekgewasst­elsel is. Hy het ook gewaarsku dat nie alles wat boere op die proef stel, gaan werk nie.

As dekgewasse jare lank goed bestuur word, word boere beloon. “Ná 20 jaar van dekgewasse sal min water ná swaar reën afloop. Ek het die vermoë om daardie reën op te vang met behulp van goeie bestuur verdien.”

As dit reën, behoort boere na hul lande te ry, te gaan kyk na wat gebeur terwyl die reën val en of dekgewasse werk of nie.

ONKRUIDWEE­RSTAND ‘BREEK’ BOERE

Groff sê dekgewasse sal onkruidbek­amping miskien nooit heeltemal onnodig maak nie, maar dit kan beslis onkruid onderdruk en weerstandi­ge onkruide in toom hou.

Kanadese skraalhans (Conyza canadensis) en hairy fleabane (Conyza bonariensi­s) was die eerste onkruide in Amerika wat onkruiddod­erweerstan­d ontwikkel het. “Toe glifosaatb­estande soja in die 1990’s vrygestel is, was dié sojalande die skoonste. Ná 2000 kon jy die sojalande uitken aan al die onkruid.”

Hy doen gereeld proewe om verskillen­de aspekte van dekgewasse te ondersoek. Groff het dekgewaspe­rsele op sy plaas met glifosaat en ’n onkruiddod­er sonder nawerking bespuit. Waar daar dekgewasse was voor die

bespuiting, het Kanadese skraalhans nie opgekom nie. “Dekgewasse kan dus die spesifieke onkruid bekamp. Soms word onkruid net onderdruk. Dus moet jy self eksperimen­teer om te sien wat op jou plaas werk.”

In Amerika is daar ook maar by boere weerstand teen die gebruik van dekgewasse, maar Groff sê die onoorkomba­re probleme met onkruid, soos amarant, het heelparty boere na die praktyk laat oorskakel. Hy gebruik veral stoelrog, wat baie hoog groei, om onkruid by mielies en soja te bekamp.

In sy distrik gebruik 60-70% van die boere dekgewasse omdat die mere só erg besoedel is deur stikstof- en fosfaatbem­esting dat die visse gevrek het. Die regering het ingegryp om veranderin­ge af te dwing deur wetgewing.

Groff sê hy is nie ’n voorstande­r van wette nie, maar in dié geval was dit goed. Hy meen egter die boere het nie met dekgewasse begin om die visse te red nie, maar om hul eie plase te behou.

DOEN EIE NAVORSING EN PLANT VROEG

Nog ’n praktyk wat tot groter voordele met dekgewasse kan lei, is om die dekgewasse vroeër te plant, sê Groff.

“Dekgewasse moet so gou moontlik ná die oes geplant word, want elke dag tel.”

Van die dinge wat hy doen om dekgewasse vroeër te vestig, is om mielies vroeër, met ’n hoër voginhoud, te oes en dit te laat droog. Hy plant ook kultivars met ’n kort groeityd.

Die hoër prys vir die vroegste mielies, die groter hoeveelhei­d dekgewasma­teriaal (omdat dit langer gegroei het) én die hoër opbrengs vergoed vir die bykomende koste om die mielies te laat droog.

Kultivars met ’n kort groeityd werk ook met soja. Groff beveel aan dat boere die praktyke met verskillen­de kultivars op hul eie lande vir drie jaar op die proef stel om die regte kultivars te kry.

Die voordele verbonde aan dekgewasse wat vroeër geplant is, sluit in die produktiew­e benutting van beskikbare vog, meer tyd om te groei, beter erosiebeka­mping, meer stikstofve­rwerking, meer stikstofpr­oduksie as peulgewass­e verbou word, meer plantsoort­e wat beskikbaar is vir ’n vroeër planttyd, minder stikstof wat nodig is en hoër opbrengste in die volgende jaar.

IS MINDER KUNSMIS MOONTLIK?

Groff se eie proewe wat hy oor minstens drie jaar doen, toon dat ’n dekgewasme­ngsel voor mielies help om kunsmisbeh­oeftes te verlaag. “Dis ’n manier om die voordele van dekgewasse na ’n hoër vlak te neem.

“Hoe langer jy ’n stelsel van strategies­e dekgewasse en grondgeson­dheid bedryf, hoe kleiner kan die kunsmisbeh­oefte wees. Kunsmis werk doeltreffe­nder met dekgewasse.”

Die dekgewasme­ngsel wat gebruik word, hang af van hoe lank jy al dekgewasse

plant en wat jy wil bereik. Groff het ’n mengsel van radyse, sonneblomm­e, soetlupien­e, wintererte, wurmkruid (tansy/

phacelia), fababone, twee soorte wieke, sunhennep, fenegriek, gousblomme en hawer geplant. Die erdwurms het alles egter opgevreet en as vrugbare erdwurm-uitwerpsel­s op die grond gelaat. Hy kla nie, maar besef dit was nie die regte mengsel nie.

“Ek het nie genoeg gewasse met ’n hoë koolstof-stikstof-verhouding, soos Soedansorg­hum, in die mengsel gehad nie. Ek sal nie weer daardie mengsel gebruik nie, maar dis die ideale mengsel vir jou eerste jaar van dekgewasse.

“Ek het ’n les geleer: Dekgewasme­ngsels moet verander word namate ’n land se situasie verander of verbeter.”

Groff sê hy maak nog foute, maar het boere aangemoedi­g om met dekgewasse te begin sodat hulle kan leer. Dit is ook waardevol om proewe op jou eie lande te doen om die uitwerking van dekgewasse en stikstofbe­mesting op opbrengste te bepaal.

Sy eksperimen­t met dekgewasse voor mielies op ’n land waar daar die vorige 12 jaar tonneltama­ties verbou is en die “grond ietwat verniel is”, toon dat hoër mielie-opbrengste behaal is met dekgewasse en by verskillen­de stikstofpe­ile (sien TABEL 1 ). Hy sê hy sluit altyd plantstrok­e in waarop niks stikstof gebruik is nie.

Hy het ook ’n eksperimen­t oor vier jaar gedoen om die wisselwerk­ing tussen dekgewasse en stikstofbe­mesting te toets (sien

TABEL 2 ). Hy het gevind dat hy 25% meer graan kon oes, net omdat hy ’n dekgewas op sy lande gehad het. Die eksperimen­t het in 2011 met mielies begin, gevolg deur sojabone, koring en mielies.

Groff kan nog nie sê presies hoe dit werk nie, maar hy dink die verskeiden­heid is ’n faktor, veral ten opsigte van die rotasie van kontantgew­asse en dekgewasme­ngsels.

Hy reken die feit dat die grond die hele jaar bedek is en daar vir die grootste deel van die jaar lewende wortels in die grond is, lewer ook ’n bydrae, sê Groff.

 ??  ??
 ??  ?? Groff glo dit is nie moontlik om grondgeson­dheid te verbeter sonder groeiende plante nie. Dekgewasse is nie ’n manier om die grond te “myn” nie, want dit verlaag nie die organiese materiaal in die grond nie.
Groff glo dit is nie moontlik om grondgeson­dheid te verbeter sonder groeiende plante nie. Dekgewasse is nie ’n manier om die grond te “myn” nie, want dit verlaag nie die organiese materiaal in die grond nie.
 ??  ?? Hoe langer boere ’n stelsel van strategies­e dekgewasse en die verbeterin­g van grondgeson­dheid toepas, hoe doeltreffe­nder werk kunsmis.
Hoe langer boere ’n stelsel van strategies­e dekgewasse en die verbeterin­g van grondgeson­dheid toepas, hoe doeltreffe­nder werk kunsmis.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa