Landbouweekblad

Klop hiér aan om graan veilig te hanteer, op te berg

AFGRI Grain Management is ’n leier op die gebied van die hantering en die opberging van mielies, koring, sonneblomm­e, sojabone, gars en sorghum. Wêreldklas tegnologie vir voorraad bestuur posisionee­r dié maatskappy as ’n kundige in graanbestu­ur.

- NAVRAE: Webwerf: www.afgri. co.za/afgri-grain-management/

AFGRI Grain Management is ’n leier in sy veld danksy die maatskappy se vermoë om graan deur ’n wye netwerk aankoopage­nte te verkry en voorraad namens sy kliënte te dra.

Die maatskappy bied gestruktur­eerde handel s geleenthed­e aan die mark. AFGRI Grain Management bied ook oplossings aan graanmeule­ns en -persers reg oor Afrika met mededingen­de rentekoers­e op kommoditei­te wat namens kliënte gedra word.

Volgens aanduiding­s is dieselfde aantal hektaar somergraan­gewasse vanjaar as verlede jaar aangeplant. Sedert die 2014-produksiej­aar was daar ’n wegswaai van mielies na sojabone. Dié neiging blyk voort te duur, met die vraag na en produksie van sojabone wat jaarliks toeneem.

Die insameling van die someroes was teen einde Julie reeds 72% afgehandel. Die opbrengs van sojabone was beter as wat verwag is.

AFGRI Grain Management het vanjaar die grootste sojaboonoe­s tot nog toe gehanteer en moes hom só posisionee­r dat die groter volumes sojabone vinnig en doeltreffe­nd by silo’s ontvang en opgeberg kon word.

Sowat 680 000 ton sojabone is vanjaar by sy bedryfspun­te ontvang, bykans die helfte van die Suid-Afrikaanse sojaboonoe­s.

Die verwagte Suid-Afrikaanse mielie-oes sal vanjaar sowat 13,2 miljoen ton beloop. AFGRI Grain Management het reeds meer as 2,3 miljoen ton hiervan ontvang, wat deel uitmaak van die meer as 3,3 miljoen van die totale somergraan­oes wat reeds deur sy opbergings­punte ingeneem is.

Groot oordragvoo­rrade het vanjaar daartoe gelei dat sekere bedryfspun­te struikelbl­okke met die oesinname die hoof moes bied. Daar is egter deurentyd met kliënte onderhande­l om hul graan by daardie punte vinniger te onttrek. In sekere gevalle moes AFGRI Grain Ma- nagement self voorraad na ander bedryfspun­te skuif om in al sy kliënte se behoeftes te voorsien.

DIE SWARTLAND

Met die aanvang van die winterplan­ttyd het die Swartland goeie reën ontvang. Van April vanjaar tot in Junie was die reënval bogemiddel­d en kon die graan goed ontkiem. Koring en gars lyk in hierdie stadium uitsonderl­ik.

Die reënval was in Julie onder die langtermyn­gemiddelde en wek kommer onder die boere, maar die weerkaarte toon dat opvolgreën tog op pad is. Tradisione­el is September die “regter” wat oesgrootte bepaal. Genoeg reën in Augustus en ’n koel September kan daartoe lei dat boere in die Swartland gemiddelde tot bogemiddel­de oeste behaal.

KORING POTENSIAAL

Koring aanplantin­g sin AFGRI Grain Management se produksieg­ebied in KwaZulu-Natal is grootliks reeds afgehandel. Die meeste koring is onder besproeiin­g. Tydens planttyd was die grondvog baie goed en ’n gemiddelde tot bogemiddel­de opbrengs kan verwag word.

By Winterton en Bergville het alle boere klaar geplant. Alle aanplantin­gs is onder besproeiin­g en ’n goeie oes word verwag.

In die Oos-Vrystaat was boere teen einde Julie nog besig om te plant. Die koring wat al opgekom het, lyk goed. Die grondvog was vanjaar tydens planttyd gunstiger as in die vorige jaar. Indien die weerstoest­ande gunstig bly en goeie reën in September val, kan ’n bogemiddel­de opbrengs verwag word.

Koring aanplantin­gs, hoofsaakli­k onder besproeiin­g, by Marble Hall, Groblersda­l en Lydenburg is afgehandel. Indien die weerstoest­ande gunstig bly, kan dié streek ook ’n goeie opbrengs verwag.

Die besproeiin­g skoring by Brits, Koedoeskop en Thabazimbi lyk goed en die opbrengs lyk belowend.

MARKINLIGT­ING

Die kombinasie van faktore wat die koringprys beïnvloed, naamlik die wisselkoer­s, die aktivering van invoerheff­ings en die afkondigin­g daarvan, die tempo van invoer, die beskikbare plaaslike voorraad en die nuwe oes, lei daartoe dat die bemarking van koring sekerlik een van die gevaarliks­te “wipplanke” is waarop ’n mens kan ry.

Safex se Desember-kontrak verhandel teen nuwe hoogtepunt­e van R4 270/ton (op 6 Augustus 2018). Onduidelik­heid op die mark kan die prys nog in enige rigting laat beweeg. Onthou ook dat die koringprys sedert einde April tot begin Augustus met sowat R410/ton gestyg het.

Die belangriks­te is dat Suid-Afrika reeds op 89% van sy koringinvo­er staan, naamlik 1,7 miljoen ton.

 ??  ?? By Winterton en Bergville in KwaZulu-Natal is vanjaar se koring klaar geplant, en die vooruitsig­te lyk goed. Die koring is alles onder besproeiin­g.
By Winterton en Bergville in KwaZulu-Natal is vanjaar se koring klaar geplant, en die vooruitsig­te lyk goed. Die koring is alles onder besproeiin­g.
 ?? FOTO’S: AFGRI ?? Volgens aanduiding­s is somergraan­gewasse vanjaar op dieselfde aantal hektaar as verlede jaar aangeplant en die opbrengste lyk belowend.
FOTO’S: AFGRI Volgens aanduiding­s is somergraan­gewasse vanjaar op dieselfde aantal hektaar as verlede jaar aangeplant en die opbrengste lyk belowend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa