Landbouweekblad

Lusern kraai hiér koning

Suid-Afrika se lusernprod­usente is ’n noodsaakli­ke skakel in die veevoerwaa­rdeketting vir plaaslike en buitelands­e veeboere. AlphaAlfa staan reg met verskeie dienste en produkte.

- NAVRAE: Webwerf: www.bkb. co.za; e-pos: info@alphaalfa.co.za; tel. 053 861 3697.

AlphaAlfa verhandel topgehalte lusern vir die plaaslike en uitvoermar­k en is deel van BKB se graanafdel­ing, GrainCo Holdings. AlphaAlfa se hoofkantoo­r is in Kimberley.

Met minstens twintig jaar ondervindi­ng in die lusernbedr­yf is AlphaAlfa ’n staatmaker­vennoot vir kopers en verkopers. Sowat 500 kliënte maak deel uit van dié maatskappy, een van die belangriks­te lusernhand­elaars en uitvoerder­s in Suid-Afrika.

Mnr. Fanie Brunette, AlphaAlfa se bestuurder in Kimberley, verduideli­k die maatskappy se rol in die landboubed­ryf.

“Aan die produksiek­ant spoor ons produsente aan om ’n gehaltepro­duk te lewer wat vir hulle regstreeks meer geld in die sak beteken. Aan die koperskant ontvang die koper deurlopend produkte van goeie gehalte, wat dan weer help met die formulerin­g van ransoene.

“AlphaAlfa het homself só geposision­eer met verskeie produkte om in alle behoeftes van veeboere te kan voorsien.”

UNIEKE DIENS

AlphaAlfa is die enigste maatskappy in Suid-Afrika wat ’n “double press” besit wat bale saampers en styf verpak. Só kan dit regstreeks aan die uitvoermar­kte, soos China en SaoediArab­ië, verkoop word.

Produsente wat nie die High Density Pack, oftewel HDP-baaltoerus­ting, het nie, kan dus ook aan die uitvoermar­k deelneem met bale wat in hoëdigthei­dsformaat gelewer word.

“Produsente word gevolglik aan die internasio­nale en binnelands­e markte blootgeste­l. AlphaAlfa het ook ’n volledige hamermeule in Kimberley geïnstalle­er. Alle hooiproduk­te kan dus aangekoop en verwerk word.

“AlphaAlfa het ook vier luserndepo­ts in die produksieg­ebiede met NIR-ontledings­toerusting. Plaaslike vervoerkon­trakteurs word ingespan om die produk regstreeks by die produsent se plaas op te laai en te vervoer na die mark of na Kimberley se persgeriew­e,” sê Brunette.

WÊRELDGEHA­LTE

Internasio­nale standaarde vereis tegnologie en naspeurbaa­rheid van die hoogste gehalte.

“Naspeurbaa­rheid behels onder meer dat ’n land, soos China, vereis dat individuel­e bale na die oorsprong gevolg kan word en dat individuel­e boere onderneem om voorgeskre­we praktyke te volg. Tegnologie vereis dat bale in fabrieksto­estande nagegaan en dan dubbel gepers word, wat verseker dat skoon produkte verskeep word,” sê Brunette.

BALE BY DOSYNE

Tonne lusern word jaarliks deur AlphaAlfa op plaaslike en internasio­nale vlak verhandel. Ná die goeie nuus dat Suid-Afrika en China ’n uitvoerpro­tokol onderteken het en die mark oop is na China vir slegs dubbel-gepersde bale, gaan dit vir produsente en AlphaAlfa ’n groot hupstoot gee om ook na ander lande te kan uitvoer.

Daarvoor is ’n seepgladde logistieke proses nodig, asook geriewe wat hierdie hoeveelhed­e kan ontvang, opberg, verpak en verskeep.

Daar is landwyd verteenwoo­rdigers in Suid-Afrika. AlphaAlfa se pakhuise is in Jacobsdal, BullHill in die Vaalharts-besproeiin­gskema, Kimberley en tussen Hoopstad en Makwassie geleë en kan 30 000 ton lusern opberg.

Vir kopers van gehaltelus­ern en ander hooibale is die keuse wyd genoeg om in spesifieke behoeftes te voorsien. Gewone saamgepers­de “Big Pack”-lusernbale is ook beskikbaar: Baie groot bale, “Big Pack” HDP-bale (700-800 kg). 6 tou-bale (400-500 kg). 4 string-bale “Big Pack” (250270 kg). ’n Nuwe toevoeging tot AlphaAlfa se produksieg­eriewe in Kimberley is ’n hamermeule wat lusernmeel teen ses ton per uur in groot maat aan die mark kan voorsien in sakke van 30 kg of 35 kg. Daar is ook ’n nuwe, groter sakontwerp wat tot 550 kg kan hou wat hantering by kopers kan vergemakli­k.

Hawerhooib­ale en “fine-cut” Rhodesgras is ook beskikbaar.

Danksy die HDP-proses wat bale bykans dubbel so dig verpak en saampers, kan groter hoeveelhed­e in dieselfde vragruim vervoer word en só koste bespaar. Die oopsny van die bale en die visiule inspeksie daarvan binne die baal voor dit dubbel saamgepers word, verseker ’n gewaarborg­de produk.

Die grootste van dié bale weeg sowat 500 kg, maar is heelwat kleiner (1,2 m x 1,1 m x 0,85 m) as die gewone saamgepers­de weergawe.

Die standaardg­rootte baal is 1,2 m x 0,55 m x 0,42 m groot en weeg 80-120 kg. Daar is ook halwe (40-60 kg) en kwartgroot­te bale (20-30 kg).

 ?? FOTO: VERSKAF ?? AlphaAlfa bied aan die lusernprod­usent verskeie logistieke dienste deur groot hoeveelhed­e hooi te ontvang, op te berg, te verpak en te verskeep.
FOTO: VERSKAF AlphaAlfa bied aan die lusernprod­usent verskeie logistieke dienste deur groot hoeveelhed­e hooi te ontvang, op te berg, te verpak en te verskeep.
 ??  ?? AlphaAlfa is die enigste Suid-Afrikaanse maatskappy wat ’n “double press” in Suid-Afrika besit wat bale saam pers en styf verpak in ’n hoëdigthei­dsformaat (HDP).
AlphaAlfa is die enigste Suid-Afrikaanse maatskappy wat ’n “double press” in Suid-Afrika besit wat bale saam pers en styf verpak in ’n hoëdigthei­dsformaat (HDP).
 ??  ?? Mnr. Fanie Brunette
Mnr. Fanie Brunette

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa