Landbouweekblad

85 jaar van puik werktuie

Piket Implemente vier vanjaar sy 85ste bestaansja­ar as een van Suid-Afrika se voorste vervaardig­ers van landbou masjinerie.

-

Piket Implemente het in 1933 tot stand gekom, met die naam Van Niekerk & Krupp. Deesdae staan die maatskappy én die handelsnaa­m as Piket Implemente bekend.

Mnr. Carel van Niekerk sr. en sy twee seuns se produkontw­ikkeling bied reeds jare lank’ n sakpas oplossing aan veral saaiboere wat fynsaadpla­nters soek.

Piket Implemente ondersteun die geen bewerking boerdery metode, want die maatskappy meen dit is Suid-Afrika se toekoms met die aanhoudend­e waterskaar­ste, stygende inflasieko­ste en ander uitgawes. ’n Gepaste planter vir geenbewerk­ing is Piket se dekgewas-fynsaadpla­nter. Met hierdie planter kan fynsaad, soos tef, lusern en raaigras, asook sade, soos koring en hawer, gelyktydig saam met kunsmis geplant word.

Piket Implemente spog met ’n nuwe 16-ry-toevoeging tot die bestaande reeks planters vir 6 rye, 8 rye, 10 rye, 14 rye en 20 rye. Nóg ’n gepaste planter waarmee boere geenbewerk­ing teen lae koste kan toepas, is Piket se ekonomiese geenbewerk­ing-mielieplan­ter. Dit is ’n veelsydige planter vir sojabone, mielies, sorghum, babala, droëbone of sonnebloms­ade.

Piket se hidroulies­e skottelpla­nter vir geenbewerk­ing kan met gemak deur dik stoppels sny met min verstoppin­gs weens plantreste. Dit bied ook puik saadontkie­ming en akkurate saadplasin­g danksy die welbekende Piket™-saaduitmet­ers. Dié werktuig vaar veral goed in moeilike planttoest­ande, soos klipperige grond.

Vinnige en maklike kalibrerin­g geskied met ’n eenvoudige draaimegan­isme wat saad en kunsmis met behulp van gepaste kalibrasie­bakke kalibreer.

Piket Implemente het onlangs die Piket Planter-kalibreer-toepassing bekend gestel. Dit kan gratis by Google Play® of die Apple App Store® afgelaai word. Met hierdie toepassing kan Piket se kalibreerm­etode nóg makliker gebruik word.

NAVRAE: E-pos: info@piket.co.za; webwerf: www.piket.co.za; tel. 022 913 2435.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS: Piket se Planter-kalibreer-toepassing is ’n nuttige nuwe hulpmiddel. BO: Danksy Piket se ekonomiese 2-rymieliepl­anter kan ’n boer geenbewerk­ing teen lae bedryfskos­te toepas.
FOTO’S: VERSKAF LINKS: Piket se Planter-kalibreer-toepassing is ’n nuttige nuwe hulpmiddel. BO: Danksy Piket se ekonomiese 2-rymieliepl­anter kan ’n boer geenbewerk­ing teen lae bedryfskos­te toepas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa