Landbouweekblad

Vra die regte vrae

Aan die vooraand van die nuwe jaar behoort elke gesin om ’n tafel te sit en gesels oor finansiële beplanning vir die toekoms. Hoe deegliker die gesprekke en planne is, hoe beter sal jul vooruitsig­te vir 2018 wees.

- NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za

Begin Desember lê almal klem op die naderende feestyd. Geskenke word gekoop, etes word beplan en as jy naby die kus bly, maak jy reg vir die Gautengers se inval. Maar miskien is dit vanjaar anders. Ons hier in Johannesbu­rg het al ons Kaapse familie genooi om vir Kersfees by ons te kom stort!

Dinge in Suid-Afrika is regtig deurmekaar. Met die eersdaagse ANC-kongres is die retoriek-krane vol oopgedraai. Ons word ook elke dag met WhatsApp-boodskappe gekonfront­eer wat verkondig ’n oorlog is op hande. Dit wakker emosies net nog meer aan. Dit is moeilik om te onderskei tussen wat waar en wat vals is.

Hoe kan ons Kersfees met naastelief­de en die nuwe jaar met hoop binnegaan?

Die antwoord is dat ons moet onderskei tussen wat ons kan verander en wat nie. Ons moet ook besef baie van die geraas daar buite is presies dít: geraas. Die meeste daarvan sal ons nie raak nie en baie daarvan is nie waar nie.

Kom ons werk daaraan om elke boodskap eers deeglik te ondersoek voor ons dit net aanstuur. Ek kry daagliks minstens drie boodskappe met waarskuwin­gs teen hierdie of daardie gevaar. In die laaste nege maande wat ek hierdie boodskappe ondersoek het, was nog net een waar.

Kom ons doen ons deel om die stof, ge- mors en geraas in Suid-Afrika te verminder. Dit is net wanneer die stof en geraas tot bedaring kom, dat ons die werklike probleme kan identifise­er en die nodige aandag daaraan gee.

TOEKOMSBEP­LANNING

Die sukses van jou nuwe jaar hang baie minder af van wie die ANC se volgende leier is en baie meer van hoe jy vir 2018 beplan het.

Wanneer laas het jy ’n volledige boedelbepl­anning gedoen? Wat moet ná jou dood met jou bates gebeur? Is jou testament só opgestel dat ’n nalatenska­p geskep word? Of sal jou testament die familie in twee skeur?

Ek is juis nou weer by ’n geveg tussen twee broers ingesleep wat ’n plaas geërf en oorlog verklaar het teen mekaar. My eie regskoste wat van die boedel verhaal gaan word, is reeds meer as R1 miljoen. Die twee broers s’n is albei al meer as dit. Welvaart word vernietig omdat daar nie korrek beplan is nie.

Gebruik hierdie feestyd om saam met jou gesin te sit en gesels oor wat die toekoms inhou en hoe almal dit sien ontvou.

Wat sal die gevolg wees indien jou gade sterf? Dit is nie net die verlies aan die gade se inkomste wat jy in gedagte moet hou nie, maar ook hoe jou inkomste met die dood van jou gade geraak sal word.

Het jy lewensdekk­ing op jou gade se lewe? Let wel, ek vra nie of jou gade lewensdekk­ing op sy of haar lewe het nie. Het jý?

Wat gaan gebeur as julle hierdie vakansie ongeskik raak weens ’n motorongel­uk? Sal jy al die mediese uitgawes kan dek en steeds jou lewenstyl kan handhaaf? Sal jy die aanpassing­s aan jou huis en werk kan maak sodat jy kan voortgaan?

Het jy medium-en langtermyn spaar planne gereed? Jy of jou kinders of selfs jou kleinkinde­rs sal in ’n stadium die plaas moet verlaat omdat die plaas nie ál die geslagte sal kan onderhou nie. Beplan jy al daarvoor?

Hoe lyk jou aftreebepl­anning en is jy daarvan bewus dat jy moet beplan tot die jongste van jy of jou gade 95 is?

Bogenoemde is nie eens al die vrae nie. Tydens jou beplanning vir volgende jaar moet jy bitter baie vrae vra. Dit is binne jou vermoë om die vrae te beantwoord en te verander.

Gebruik dié feestyd om jou toekomsbep­lanning te hersien of gereed te kry.

Vra die regte vrae, lê klem op jou beplanning en hou by jou plan. Indien jy dit doen, sal nie net 2018 nie, maar ook jou toekoms baie voorspoedi­ger wees – ongeag wie President is.

Dit is binne jou vermoë om die vrae te beantwoord en te verander.

Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa