Landbouweekblad

SPANWERK IS HUL LEUSE

Die Barnards van Dejema is ’n hegte gesin wat glo respek en spanwerk is die geheim vir ’n suksesvoll­e boerdery en besigheid.

-

NPlaastrou­e met regte, egte boerekos is die beste soort troue. Só glo die Barnard-gesin van Dejema in die pragtige Waboomskra­al-streek.

Hier in die Suid-Kaap, tussen die Karoo en die see, het Dean en Carla Barnard ’n suksesvoll­e plaas-onthaallok­aal, Oppie Plaas, op hul familiepla­as tot stand gebring. En regte, egte boerekos, op die boeremanie­r gemaak, is dan ook wat gaste daar kan verwag.

Die hegte Barnard-gesin bestuur die besigheid as ’n spanpoging. Carla tree op as onthaalkoö­rdineerder en sit hand by in die kombuis. Dean se ma, Mariana, is ’n beplanner en kok van formaat. Sy het vir 15 jaar ’n suksesvoll­e konfytbesi­gheid bedryf, wat sy gesluit het om haar volle steun aan die onthaallok­aal te gee. Saam met haar goeie vriendin Elize Janse van Rensburg maak hulle al die kos vir elke geleenthei­d. Die manne in die familie staan reg as hul hulp met enigiets benodig word.

Oppie Plaas is bekend vir die beste hoenderpas­tei, varknek en skaapboud. Maar waarvan die gaste op troues eenvoudig nie genoeg kan kry nie, is hul pampoenkoe­kies met karamelsou­s. Hulle maak ’n allemintig­e 7 000 pampoenkoe­kies per jaar vir gesellighe­de!

’n Ander trefferres­ep is Elize se heerlike kerrie-afval, ’n resep van haar ma. “Ek het by die beste geleer hoe om afval te maak,” sê Elize. “En ek kan ’n afval silwerskoo­n skraap. Dis baie belangrik en só het my ma my ook geleer.” Aangesien Elma so lief is vir kerrie-afval, het hulle besluit om dit vir haar voor te berei. Daarmee saam maak Mariana nóg ’n familie-gunsteling – ’n gestolde beetslaair­ing. Perfekte pasmaats!

 ??  ?? Elma Postma (middel) kook vandeeswee­k by die onthaallok­aal Oppie Plaas op die plaas Dejema in die Waboomskra­al-streek saam met Elize Janse van Rensburg (links) en Mariana Barnard.
Elma Postma (middel) kook vandeeswee­k by die onthaallok­aal Oppie Plaas op die plaas Dejema in die Waboomskra­al-streek saam met Elize Janse van Rensburg (links) en Mariana Barnard.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa