Landbouweekblad

KLEINBOER-VENNOOTSKA­PPE: LEES 12 SUKSESSTOR­IES

- — CARIEN KRUGER

Die gebrek aan beloning vir individuel­e kleinboere in inklusiewe sakemodell­e met groot, gevestigde landbou-ondernemin­gs is ’n groot hindernis vir sulke vennootska­ppe.

’n Studie van 12 sulke suksesvoll­e modelle het gewys die voordele vir die kleinboere en begunstigd­es neig om klein te wees, veral as groot groepe mense betrokke is.

Dr. Ward Anseeuw, navorsings­genoot van die Franse organisasi­e Cirad wat navorsing oor landbou-ontwikkeli­ng doen, en me. Wytske Chamberlai­n, wat besig is met haar doktorsgra­ad oor inklusiewe sakemodell­e in die landbou aan die Universite­it van Pretoria, het hul bevindings in die boek Inclusive Businesses in Agricultur­e. What, how and for Whom? gepublisee­r. Die outeurs is versigtig optimistie­s oor die volhoubaar­heid en groei wat sulke modelle reeds toon.

Op ’n projekvlak is daar gunstige resultate, soos dat grond ontwikkel, bates opgebou, kennis oorgedra en werk geskep word.

Daar is egter min inklusiewe modelle wat reeds ’n wins maak en ook min dividende wat al betaal is, terwyl laasgenoem­de juis deel van begunstigd­es se verwagting­e is.

Die inklusiewe modelle behels dikwels nuwe of verwaarloo­sde plase sodat die inkomste eers in die plaas teruggeplo­eg moet word of vir skuld gebruik moet word.

“Dit is belangrik om kennis te neem van die moontlike verskil in verwagting­e tussen die kommersiël­e vennote, wie se doelwit die vestiging van ’n haalbare maatskappy op lang termyn is, en dié van die begunstigd­es en gemeenskap­pe, wat dikwels finansiële opbrengste op kort termyn verwag.”

Hulle sê die verwagting­e van begunstigd­es moet dienooreen­komstig bestuur word en die kommersiël­e vennoot moet terselfder­tyd begunstigd­es se behoeftes erken.

In die studie is gevind dat die bestaande sakemodell­e dikwels uit ’n ingewikkel­de samevoegin­g van verskeie instrument­e bestaan, soos kollektiew­e organisasi­es, mentorskap­pe, kontraktue­le reëlings, huur- of bestuursko­ntrakte en ekwiteit. Die ingewikkel­dheid maak dit vir begunstigd­es moeilik om te begryp en maak hulle weerloos.

Een van die belangriks­te bevindinge van die studie was dat die verskillen­de vennootska­ppe elk hul eie, unieke struktuur het, met van klein tot groot getalle begunstigd­es. Dit is dus moeilik om ’n bestaande suksesvoll­e model net so in ’n ander situasie toe te pas.

NAVRAE: Me. Wytske Chamberlai­n, e-pos: wytske.chamberlai­n@gmail.com; webwerf: http://tinyurl.com/y8ao5yr4

 ??  ?? LINKS BO: Dr. Ward Anseeuw. REGS BO: Me. Wytske Chamberlai­n.
LINKS BO: Dr. Ward Anseeuw. REGS BO: Me. Wytske Chamberlai­n.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa