Kredietafgraderings en wins
Die kredietgraderingsagentskappe hou Suid-Afrika met valkoë dop en die verswakking of versterking van die rand hou gevolge in vir produsente. Sonder voldoende ekonomiese groei en winsgewende bedrywe verlaag Suid-Afrika se skatkisinkomste en vermoë om begr
Die rand het die afgelope jaar tussen R12,30 en R14,57 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel. Kort voor die onlangse krediet afgradering het die rand teen R13,92 verhandel. Die rand het aanvanklik tot R14,15 verswak waarna dit weer tot R13,87 teenoor die Amerikaanse dollar versterk het ná die aankondigings van Standard & Poor’s en Moody’s.
Moody’s het Suid-Afrika se krediet afgradering dieselfde gehou, maar dit kan in die toekoms hersien word.
Die kredietagentskap Fitch het Suid-Afrika se krediet afgradering onveranderd gelaat, terwyl Standard & Poor’s Suid-Afrika se gradering afwaarts tot sub beleggings graad aangepas het. Suid-Afrika se skuldvlak bly dus op beleggingsgraad.
Suid-Afrika het dus ’n gedeeltelike afgradering gekry. Gevolglik is Suid-Afrikaanse effekte steeds deel van die wêreldindeks vir staatseffekte. Suid-Afrika ervaar derhalwe nie nou ’n groot uitvloei van beleggingsgeld nie.
Die vraag na die rand bly relatief onveranderd omdat die mark reeds’ n gedeeltelike krediet afgradering in die randse waarde verreken het. Die rand behoort dus syvlakke soos voor die krediet afgradering te handhaaf.
IMPAK OP PRODUSENTE
Dié ontwikkelinge het ’n impak op produsente se buitelandse verdienste.
Dit lyk asof adj.pres. Cyril Ramaphosa se steun in die ANC toeneem. Pres. Jacob Zuma het ook ’n fiskale komitee aangewys om die begrotingstekort te ondersoek en maniere te vind waarop ekonomiese groei bevorder kan word. Dit alles het die rand tot R13,75 laat versterk.
Krediet agentskappe wil sien dat dié planne in die nasionale begroting toegepas word. Die rand kan dan in Junie volgende jaar sterker vertoon.
Indien die planne nie Februarie in die nasionale begroting reflekteer nie, kan Suid-Afrika ’n volle afgradering verwag. Dit kan ’n kapitaaluitvloei van ongeveer R10 miljard tot gevolg hê omdat Suid-Afrika se effekte nie meer deel van die wêreldindeks vir staatseffekte sal wees nie.
RENTEKOERSE
Die Reserwebank kan, maar hoef nie noodwendig nie, dadelik met’ n rentekoers verhoging te reageer ná’ n krediet afgradering.
Dit is dalk belangriker om eers waar te neem wat die impak van ’n krediet afgradering op inflasie sal wees. As inflasie skerp toeneem, is die kans groter dat die Reserwebank rentekoerse met 25 basispunte kan verhoog. Die Reserwebank se inflasieteiken is 4,5% op mediumtermyn. Die verwagte hoër ruoliepryse gaan ook tot verhoogde inflasie bydra.
Hoër inflasie sal nie danksy sterker verbruikers wees wat meer bestee nie, want verbruikers en die land se ekonomiese groei is onder te veel druk.
Ekonomiese groei kan volgende jaar gemiddeld 1,7% beloop. Met’ n krediet afgraderinge n die gepaardgaande gevolge op ’n verhoogde rentekoers en ’n swakker wisselkoers kan dié syfer invoer- en vervoerkoste verhoog en tot ’n hoër inflasiekoers lei. Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers kan daaronder ly en uiteindelik laer as 1,7% wees.
RANDWAARDE
Weens Suid-Afrika se groeiende skuldvlakke (gemeet as ’n persentasie teenoor die bruto binnelandse produk), verwagtinge van swakker ekonomiese groei en beleid s onsekerheid kan’ n mens nie nou ’n sterker rand op langer termyn verwag nie.
Die vooruitsigte vir dié drie faktore moet verbeter en regeringskuld moet teen 2021 laer as 60% van die bruto binnelandse produk wees voordat verwag kan word dat die rand op langer termyn sterker sal begin vertoon.
GEVOLGTREKKING
’n Swakker rand kan tot duurder ingevoerde produksiemiddele en veral nuwe tegnologie lei. Dit is egter juis wat Suid-Afrikaanse produsente nodig het om mededingend te blye nom landbou produktiwiteit voortdurend te verbeter.
’n Swakker rand bied egter ’n geleentheid aan produsente om byvoorbeeld die prys van ’n deel van hul opgebergde mielies vas te pen of ’n beter verdienste op uitgevoerde landbouprodukte te behaal. Dié aspekte is ter sake: Die negatiewe reaksie op die nasionale begrotings toespraak in Februarie, wat onder meer daarop dui dat regering skuldvlakke kan aanhou toeneem en’ n draaipunt na verlaagde regering skuldvlakke nie bereik gaan word nie. Die aanloop tot en uitkoms van die ANC-kongres later vandeesmaand lei tot verhoogde beleid s onsekerheid. Moontlike vervroegde krediet afgradering sin Februarie volgende jaar weens’ n toename in beleid s onsekerheid. Aanduidings dat die Regering voortgaan met gratis hoër onderwys ondanks die aanbevelings van die Heher-kommissie dat Suid-Afrika dit nie kan bekostig nie. Rentekoersverhogings deur die Amerikaanse Federale Reserwe. Suid-Afrika sal gedwing wees om ook rentekoerse te verhoog om die rand se vlak te beskerm, maar die plaaslike ekonomie kan nie hoër rentekoerse verwerk sonder om ekonomiese groei verder te demp nie. Verhoogde elektrisiteit s tariewe deur Es k omen hoër ruoliepryse kan die koste van die vervaardiging en verspreiding van produkte verhoog en inflasie laat toeneem. Volgens die Reserwebank lyk die vooruitsigte vir inflasie swakker weens ’n verwagte swakker rand, duurder invoer, hoër internasionale ruoliepryse en hoër plaaslike salaris- en loonkoerse. ’n Toename in inflasie in Suid-Afrika volg nie op ’n verhoogde vraag na goedere wat met sterker ekonomiese groei en’ n toename in ver bui kers besteding gepaardgaan nie. Suid-Afrika het ’n geloofwaardige plan en beleidsekerheid nodig om verdere groei in regering skuldvlakke te beperk. Die rand kan verswak as vooruitsigte, soos in dié rubriek bespreek, nie verbeter nie. Die rand kan egter versterk as omstandighede wel bo verwagting verbeter. Wees waaksaam en wys met die vasstelling van pryse.
Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by AbsaAgribesigheid in Johannesburg.