Landbouweekblad

2 QUANTUM FOODS | Lae voerpryse gee hupstoot

- CARIEN KRUGER

Quantum Foods sê die aansienlik laer voerpryse en die uitbreking van hoogs aansteekli­ke voëlgriep was die afgelope boekjaar die twee grootste faktore hom beïnvloed het. Die groep se inkomste het met 4% tot R4,052 miljard gestyg – inkomste uit sy Suid-Afrikaanse bedrywighe­de met 2,5% en inkomste uit bedrywighe­de in ander Afrika-lande met 27,4%.

Vanweë die groot mielie-oordragvoo­rraad ná vanjaar se rekordoes word betreklik lae mielieprys­e volgende jaar verwag, selfs al is reënval in mielieprod­uksiegebie­de vanjaar net gemiddeld.

“Internasio­naal bly mielie- en sojaboonvo­orrade voldoende. Dié faktore behoort te verseker dat die koste van Quantum Foods se belangriks­te produksiem­iddele redelik bly,” lui hul verklaring.

Die waarde van die rand en moontlike verdere uitbreking­s van voëlgriep bring egter onsekerhei­d. “As die rand teen die Amerikaans­e dollar verswak, kan dit in die komende jaar ’n beduidende invloed op Quantum Foods hê.

“Enige verdere uitbreking­s van voëlgriep kan ’n vernietige­nde invloed op die Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf hê. Die geografies­e verspreidi­ng van Quantum Foods se plase sal die potensiële invloed verminder. Die groep het egter ’n paar groot geriewe wat baie nadelig deur ’n voëlgriepu­itbreking geraak sal word. Alle moontlike maatreëls word getref om Quantum Foods-plase teen voëlgriep te beskerm,” sê die maatskappy.

Reeds voordat voëlgriep uitgebreek het, was daar oor die algemeen dalende produksies­yfers in die eierbedryf omdat hoër voerkoste marges verlaag het. Quantum Foods sê Suid-Afrikaanse verbruiker­s is steeds geldelik onder druk.

Dit voorspel niks goeds vir groei in proteïenve­rbruik nie. —

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa