Landbouweekblad

HELP ASB. DIÉ LEERDERS

-

Daar is iets wat daagliks al hoe meer voorkom by die Hoër Landbousko­ol Marlow en baie ander skole in Suid-Afrika. Ons wêreld is gebroke en God se liefde is vir seker nie meer vir almal belangrik nie.

Ek is egter iemand wat die hartseer ouers en leerders wat Marlow toe wil kom om te leer boer, in die oë moet kyk. Boere van die toekoms, seuns wat wil voormanne raak op plase. Ek praat hier van enkelouers en seuns wat nie ’n vaderfiguu­r in hul lewe het nie.

My hart het dit goedgedink om geld vir hierdie seuns en gesinne bymekaar te maak sodat Marlow hulle kan help. Ek vra jou uit my hart of jy dit sal oorweeg om vanaf volgende jaar jaarliks so ’n vaderlose leerder by Marlow te borg, al is dit ook net gedeelteli­k.

Ons sal dan so ’n leerder voorberei vir ’n moontlike beroep in jou maatskappy of plaas. Ons kan saam die kriteria bepaal waaraan so ’n potensiële leerder moet voldoen.

Ek wil egter ook hê dat jy finansieel voordeel moet trek uit so borgskap. Die Belastingw­et maak dit vir jou moontlik om belasting in jou sak terug te kry. Help my asb. dat ons die meeste vir jou as maatskappy kan doen wat hierdie punt betref. Ons het die nodige registrasi­e as ’n organisasi­e sonder winsbejag of ’n organisasi­e wat in die openbare belang optree.

Landbousko­le wat seuns in dié belangrike beroep oplei, is skaars. Vaderfigur­e vir hierdie seuns is ook skaars en finansieri­ng vir hulle bestaan nie, maar die gevoel om ’n seun se lewe te verander en sy toekoms te verseker, is ongeloofli­k vir die gees en siel.

God plaas ons op sekere plekke om ’n verskil in jong mense se lewens te kan maak.

Daar het die afgelope tyd baie dinge in my lewe verander en ek wil probeer om Jesus se hande en voete te wees vir hierdie gebroke gesinne en seuns, maar ek kan dit nie op my eie doen nie.

Kontak my gerus by e-pos: marlowbema­rking@gmail.com of sel 079 890 8624. DEON GERBER Bemarker by Hoër Landbousko­ol Marlow, Cradock

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa