Landbouweekblad

MIELIES BOSMAN TREE AF AS KOLLEGEHOO­F

-

Mnr. G.J. (Giel) Bosman, gewilde en kleurryke hoof van die Landboukol­lege Potchefstr­oom, tree aanstaande April af ná ’n dienstyd van 17 jaar in dié hoedanighe­id. Hy gaan ná sy aftrede in die distrik Vereenigin­g boer.

Bosman is in 1888 op Fochville gebore en het ook daar grootgewor­d. Hoewel hy tydens die Anglo-Boereoorlo­g (1899-1902) te jonk was vir krygsdiens, het hy hom tog by die Boeremagte aangesluit en dwarsdeur die oorlog geveg.

Hy het in 1907 op Stellenbos­ch gematrikul­eer. Daarna was hy onderwyser op die Boereprofe­et Nicolaas (Siener) van Rensburg se plaas in Wes-Transvaal.

In 1908 was hy een van agt Transvaler­s wat aangewys is vir studie in die landbou oorsee. Nadat hy sy graad aan die Universite­it van Iowa in Amerika met lof behaal het, is hy aangestel as lektor in akker- bou en veeteelt aan die Landboukol­lege Grootfonte­in by Middelburg (Kaap).

Van 1914 tot voor sy aanstellin­g as kollegehoo­f op Potchefstr­oom in 1929 was Bosman verbonde aan die droëland-proefstasi­e by Lichtenbur­g waar hy navorsing oor mielies gedoen het en aan die Landboukol­lege Glen as onderhoof en hoof.

Hywasdieee­rsteen’ntyd lank enigste voorligtin­gsbeampte van die departemen­t van landbou. In dié hoedanighe­id het hy Suid-Afrika vanaf 1916 tot 1919 per motorfiets deurkruis. Op hierdie reise het hy die bynaam Mielies gekry om hom te onderskei van A.M. Bosman, destyds lektor in veeteelt.

Hywasgewil­dbymielieb­oere, landwyd bekend vir sy luimige toesprake en het die eerste mielieverb­ouingsweds­tryd gereël.

 ??  ?? Mnr. Giel (Mielies) Bosman
Mnr. Giel (Mielies) Bosman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa