Swaarvervoer
Imperial het een van die grootste handelaarsnetwerke in Suid-Afrika. Wees op die uitkyk vir spesiale aanbiedinge op Isuzu-voertuie.
As jy ’n vragmotorvloot vir jou plaas of onderneming wil aanskaf, is Imperial ’n alles-in-een-handelaar wat vinnig-vinnig jou wiele op die teer sal kry.
Klante wat dalk senuagtig is oor hierdie nuwe naam of General Motors se besluit om Suid-Afrika te verlaat, hoef egter nie te vrees nie, sê mnr. Quintin Keyser, verkoopsbestuurder van Imperial Isuzu Trucks Isando.
General Motors, wat handelsname, soos Chevrolet, Opel en Isuzu, in Suid-Afrika verkoop, het vroeër vanjaar aangekondig dat hy hom aan die land onttrek.
“Ons is beslis hier vir klante wat voertuie uit die GM-stal gekoop het en sal voortgaan om die nodige diens te lewer. Wat die Isuzu-handelsnaam betref, sal boere kan staatmaak op uitmuntende kopies van nuwe en gebruikte Isuzu-vragmotors en -bakkies. Klante kan steeds dieselfde vlak van tegniese ondersteuning en naverkoopdiens verwag,” sê hy.
Isuzu neem GM se Struandaleaanleg in Port Elizabeth oor en sal van volgende jaar af meer voertuie onder sy eie handelsnaam in dié aanleg vervaardig.
VRAG VOL WAARDE
Ondanks ’n skommeling op korporatiewe vlak gaan Isuzu van krag tot krag. Die betroubaarheid en bekostigbaarheid op lang termyn van Isuzu-vragmotors blyk deurslaggewend te wees.
In die medium- en swaarvoertuigklas bied Imperial ’n keuse van 45 Isuzu-vragmotors teen pryse van so laag as R342 000. Die voordeel van hierdie wye aanbieding is dat die koper ’n vragmotor met die regte enjin en onderstel kan kies vir die spesifieke bak wat hy wil aanbring. Dit beteken dat geen naverkoopverstellings of -aanpassings aan die onderstel nodig is nie. Jy kies eenvoudig die regte vragmotor vir die doel waarvoor jy hom op jou plaas of onderneming wil gebruik.
Die afgelope vier jaar het Isuzuvragmotors as van die voorste verkopers uitgeblink. Die mediumvragkommersiële voertuie kan ’n vrag van 1,5-5 ton vervoer. Voertuie wat 6-16 ton kan dra, val in die swaarvoertuigsegment.
“Van ons gewildste vragmotors is die NPR 400, die FTR 850 en die FXR 17-360. Laasgenoemde is veral gewild vir veevervoer.”
Die bekostigbaarheidsfaktor is vir enige boer ’n belangrike oorweging.
“’n Isuzu-vragmotor lyk dalk op die oog af duur, maar jy koop duursaamheid. Die bedryfskoste is van die laagste op die mark. Dit is eenvoudig goedkoper om dié voertuie in stand te hou, te verseker en om algemene herstelwerk te doen. En, hulle is gebou om te hou!
“Die Isuzu-vragmotors se bedryfskoste is van die beste in die medium- en swaarvragmotormark. By Imperial Isuzu Trucks help ons jou om jou begroting op lang termyn uit te werk. Dik-
wels is daar verskuilde uitgawes by goedkoper vragmotors. Ons wys jou waar dié uitgawes lê en hoe alles jou sak gaan raak oor die normale gebruikstyd van ’n vragmotor,” sê Quintin.
“Praat met ons konsultante oor spesiale aanbiedings vir vragmotors én pasgemaakte bakwerk. Ons het opsies vir alles van ’n verkoeltrok, beestralies tot wildkykvoertuie.”
BOBAAS KB-BAKKIES
Die Isuzu KB-reeks wen goed veld in hierdie uiters mededingende mark, volgens syfers wat onlangs deur die Nasionale Assosiasie van Outomobielvervaardigers van Suid-Afrika
(www.naamsa.co.za) bekend gemaak is. Vergeleke met die verkope in die ooreenstemmende tyd verlede jaar het Isuzu se KB-bakkie sy plek in die mark versterk met 1 440 eenhede wat
vanjaar verkoop is.
“Isuzu is reeds dekades lank ’n staatmaker en die intreevlakbakkies het ’n reputasie as werkesels wat hóú. Ons doelwit is om voertuie te verkoop wat min herstelen onderhoudstyd nodig het,” sê mnr. Hannes Ludik, verkoopsbestuurder van ligte kommersiële voertuie by Imperial Isando.
’n Mens kan uit 19 verskillende KB-bakkies kies. Twee van die gewildste verkopers is die Isuzu KB 300D en die nuwe KB 4x4 Crew Cab X-Ride.
Die KB 300D is ’n kragtige werker en kan ’n vrag van 1 123 kg dra. Sy grondvryhoogte van 220 mm is ’n ekstra voordeel omdat die bakkie ruwe terrein kan baasraak. Sy 3 l-turbodieselenjin lewer ’n kragtige 130 kW en 380 N.m wringkrag. Dié viertrekvoertuig het ’n laestrekratkas en agterste ewenaarslot.
Die X-Rider se 2,5 liter-turbodieselenjin lewer 100 kW en 320 N.m wringkrag. Sy effens netjieser voorkoms en ekstras, soos sy gestileerde voorste buffer, leersitplekke en -stuurwieloortreksel, gee dit ook meer glans as sy werkeselweergawe.
Voertuie kom as standaard met ’n fabriekswaarborg van vyf jaar of 120 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km.
“Imperial het ’n verskeidenheid kliënte, van groot vlooteienaars tot eenmansake. Met die KB-bakkiereeks en swaarvoertuie onder een dak, kan voornemende kopers uitsien na ’n maklike pad vorentoe saam met Isuzu,” sê Hannes.