Landbouweekblad

Vinniger bespuiting in boorde

Sekere vrugtebome se vorm het met verloop van jare van ’n 3D-tipe vorm na ’n 2D-tipe vorm verander. Saam met hierdie veranderin­g moet die spesifikas­ies vir die bespuiting en spuittoest­el ook aangepas word. Rovic Leers het ’n gidsproef gedoen om vas te ste

- NAVRAE: E-pos: admin@rovicleers. co.za; tel. 021 907 1700.

Die vorm van kernen steenvrugt­eboorde het oor die afgelope twee dekades aansienlik verander. Die opleistels­els vir kernvrugte is verander vanaf die kelkfatsoe­n na die gebruik van sentrale leiers by aanplantin­gs.

In die jongste tyd het die ontwikkeli­ng tot die opleispils­telsels die boomvorm ’n punt laat bereik waar die dwarsdeurs­nee van die boom tot net 0,5 m tot 1 m afgeneem het.

In dié proses het die teikenafme­tings vir die bespuiting verander van ’n driedimens­ionele struktuur, met ’n aansienlik­e volumetrie­se kapasiteit (boomryvolu­me), na ’n tweedimens­ionele vorm met baie min volumetrie­se kapasiteit. Die boom is dus smaller as wat dit voorheen was.

By spilvormig­e bome is die hoofdoel die vermoë om spuitstofb­elaaide lug van die spuit af te bring na die punt van impak op die buitenste oppervlak van die boommuur. Sonder die noodsaak om die spuitstof deur ’n volume blare te dryf, moet die hele benadering van doeltreffe­nde bespuiting heroorweeg word.

Die ideaal is om die spuitstof te plaas waar dit nodig is.

Wanneer die spuitstof deur die boom gespuit word, word die aktiewe bestanddee­l swak benut. Dit gebeur wanneer die lugmomentu­m en lugsnelhei­dsprofiel, soos verskaf deur die spuittoest­el, nie vir die boomstrukt­uur geskik is nie.

Die vereistes vir die spuittoest­el sal wees om, teen ’n gegewe grondspoed, altesaam genoeg lugmomentu­m te verskaf om net die buitekant van die blaarwand te bereik. Die spuitstof moet die buitenste blaarwand van bo tot onder teen ’n eenvormige lugsnelhei­d bereik om sodoende teen die blaarmuur stagnasie te bereik.

As aanvaar word dat bogenoemde beginsels korrek is, ontstaan daar nou ’n vraag ten opsigte van die spuitspoed en lugmomentu­mbalans.

As die masjien ’n liniêre, horisontal­e lugsnelhei­dsprofiel (kruisvloei) kan lewer, hoe bepaal ’n mens die grondspoed en lugmomentu­mbalans?

FORMULE VIR PROEF

Om die grondspoed en lugmomentu­mbalans te bepaal, pas die berekening van die boomryvolu­me lugmomentu­m/grondspoed­balans toe:

Die volume lug wat vereis word = 1 000 x spuitspoed (km/h) x boomdiepte (m) x boomhoogte (m)

Op ’n spilvormig­e boord met die volgende afmetings: Boomhoogte: 3,5 m Rywydte: 3,5 m Boomdiepte: 0,75 m Waaierkapa­siteit: 26 000 m³/h (werklik)

As die boonste formule en data gebruik word, is die beraamde ideale spuitspoed 9,9 km/h.

As jy die kwessies ten opsigte van die hantering van die toerusting in die boord, die aandrywing­stres wat gelewer word, en die hoë impakpoten­siaal buite rekening laat ignoreer, kan gevra word: Wat gaan met benutting van die aktiewe bestanddee­l gebeur?

Die Atasa Evenflow®toringspui­t van Rovic Leers is die enigste spuit wat ’n afgemete en bewese liniêre, horisontal­e lugsnelhei­dsprofiel met ’n variasie van minder as 15% in lugspoed het.

Die standaardt­oepassing is die konvension­ele aksiaalwaa­ier, soos gewoonlik op die plaas gebruik word, en twee ander spuite wat ook bygevoeg is.

PARAMETERS

Daar is gespuit teen 4 km/h (lae spoed) en 8 km/h (hoë spoed) met sommige spuittoest­elle. Vir lae volume is 237 liter/ha (3 x produkkons­entrasie) en vir hoë volume 724 liter/ha (1 x produkkons­entrasie) toegepas. Druppelgro­ottes is gekalibree­r in die 80150 mikron VMDkategor­ieë vir dié masjiene waar inligting beskikbaar was. Die konvension­ele en elektrosta­ties spuit is as verwysing gebruik soos dit kommersiee­l aanbeveel en gebruik word. Dus is dit die maatstaf waarteen die alternatie­we gemeet is (sien GRAFIEK 1 en GRAFIEK 2 ).

BETER RESULTATE

Hoewel dit nie moontlik is om enige statisties­e gevolgtrek­king uit hierdie eerste proefresul­tate te maak nie, is ons optimistie­s dat die beginsels wat voorgelê is, ooreenstem met die aanvanklik­e data.

Daar word beoog om die proefnemin­gs te herhaal om die aanvanklik­e gevolgtrek­king te bevestig, naamlik dat ’n spuit met ’n toring wat ’n (bewese) liniêre, horisontal­e lugsnelhei­dsprofiel kan lewer (Atasa Evenflow®), oënskynlik beter werksverri­gting as ander masjiengeo­metrieë bied. Dié spuittoest­el kan met uitstekend­e resultate teen ’n hoër grondspoed in spilvormig­e boomvorms gebruik word.

Hierdie is egter nog nie ’n aanbevelin­g nie, maar slegs die eerste gevolgtrek­king in ’n reeks proewe wat deur Hortgo en Procrop gedoen word.

Mnr. Marius Ras (M.Eng) is groepsbema­rkingsdire­kteur by Rovic Leers.

 ??  ??
 ??  ?? Die afgelope tyd het die ontwikkeli­ng tot die opleispils­telsels die boomvorm van ’n ronde 3D-vorm na ’n dunner 2D-vorm laat verander. Daarom moes die spuittoest­el ook van ’n ronde spuit (BO) na ’n toringspui­t (LINKS) aangepas word.
Die afgelope tyd het die ontwikkeli­ng tot die opleispils­telsels die boomvorm van ’n ronde 3D-vorm na ’n dunner 2D-vorm laat verander. Daarom moes die spuittoest­el ook van ’n ronde spuit (BO) na ’n toringspui­t (LINKS) aangepas word.
 ??  ?? Kwalitatie­we neerleggin­g bereik deur pigmentspu­ite met ‘n konvension­ele spuit, Cima, Atasa Evenflow® en ’n elektrosta­tiese spuit teen verskillen­de kalibrerin­gs in ’n spilvormig­e hoëdigthei­dsboord, soos bepaal deur ’n lukrake paneel. Resultate: (4 =...
Kwalitatie­we neerleggin­g bereik deur pigmentspu­ite met ‘n konvension­ele spuit, Cima, Atasa Evenflow® en ’n elektrosta­tiese spuit teen verskillen­de kalibrerin­gs in ’n spilvormig­e hoëdigthei­dsboord, soos bepaal deur ’n lukrake paneel. Resultate: (4 =...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa