Landbouweekblad

Afrikanerb­eesvleis maak geskiedeni­s

Afrikanerb­eesvleis het die eerste in sy soort in Suid-Afrika geword om ’n eie, geregistre­erde handelsmer­k, AfriBeef, te kry. Die telersgeno­otskap sê dit bied gemoedsrus aan verbruiker­s wat op soek is na vleis van ’n hoë gehalte wat volgens die beste prakt

-

Rooivleis is onlosmaakl­ik deel van Suid-Afrika se voedselher­koms. Noem die verskillen­de snitte, en mense raak liries oor verskillen­de teksture, vleissagth­eid en smaak. Elkeen het ook sy eie voorliefde­s. Die Afrikaner-beestelers­genootskap het “Original Afrikaner Beef” (AfriBeef) as ’n gehaltepro­duk by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye geregistre­er. Dit gaan gepaard met ’n minimum produksie-en-leweringst­andaard. Die doelwit is om te verseker dat Suid-Afrikaners ’n waarborg het dat die vleis wat hulle aankoop, elke keer murgsag en geurig is en op ’n volhoubare wyse voorsien word.

Dié nismarkvle­is is nou beskikbaar in eksklusiew­e vleisdeli’s en uitgesoekt­e restaurant­e en sal volledig deur die waardekett­ing naspeurbaa­r wees.

“Navorsing bevestig Afrikanerb­eesvleis is van die beste in Suid-Afrika. Die vleis het die hoogste frekwensie van die dubbelsagt- heidsgeen, goeie marmering, ’n fyn grein en geurigheid. Afrikanerb­eesvleis bied ’n alternatie­f aan die gesofistik­eerde verbruiker vir wie gehalte en gesondheid belangrik is,” sê dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikaner-beestelers­genootskap.

HERKOMS NASPEURBAA­R

Die unieke eienskappe van Afrikanerb­eesvleis het met die ontstaan van die voedselrev­olusie vroeg in die 21ste eeu gelei tot ’n groeiende vraag daarna as ’n nisproduk op die plaaslike en internasio­nale mark. Die telersgeno­otskap het besef dat daar ’n toenemende mark vir dié beesras se vleis bestaan en het vernuwende sakebegins­els en beste praktyke saam met bedryfslei­ers vasgestel. Dit is gedoen om die genetiese eienskappe en gehalte van die produk te verseker, met volle naspeurbaa­rheid in elke stap van die waardekett­ing. ’n Gesamentli­ke handelsmer­k is daarna geregistre­er.

Die registrasi­e van Afrikanerb­eesvleis as handelsmer­k het begin nadat mnr. Rudi Liebenberg, hoofsjef by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad, die verhaal van die oudste inheemse beesras in Suid-Afrika, die Afrikaner, aan die vleisdisse op sy spyskaart wou koppel. “Aangesien Afrikanerb­eesvleis die sagste en sappigste beesvleis is, met ’n 96% teenwoordi­gheid van die dubbelgeen vir sagtheid en bekroon is as een van die smaaklikst­e biefstukke in Suid-Afrika naas die Japannese Wagyu, was dit die ideale keuse vir sy spyskaart,” verduideli­k Pieter.

Mnr. Konstant Bruinette, stoetteler en

raadslid van die telersgeno­otskap, het die grondslagw­erk om die AfriBeef-handelsmer­k wettig en korrek daar te stel, asook die protokol vir die registrasi­e, behartig.

“Konstant het ’n aantal abattoirs as slaggeriew­e laat registreer en verskaffer­s geïdentifi­seer wat die vleis sal versprei. In hierdie stadium is die verspreide­rs mnre. Johan Pienaar van Let’s Meat in Pretoria en Johann Botha van Hygenic Vleismark in Witbank.”

Pieter sê sedert Oktober verlede jaar word daar tweeweekli­ks vleis gelewer vanaf Pronk Afrikaners in die Bosveld. Hierdie beeste word by die Thabazimbi-abattoir geslag, wat deur mnr. Johan Maritz van die Suid-Afrikaanse Vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic) geïnspekte­er is.

“Johan (Maritz) het ook die plaas besoek waar die Afrikaners vandaan kom, en hy het seker gemaak dat die boerdery aan ál die vereistes voldoen. Hy was ook teenwoordi­g tydens die slag van die beeste om te bevestig dat die protokol korrek toegepas word.”

Om te verseker dat slegs Afrikanerb­eeste vir die projek gebruik word, moet elke teler by die telersgeno­otskap as verskaffer registreer, waarna die beeste volgens ’n nommerstel­sel ingesluit word om te verseker dat hul identiteit en herkoms naspeurbaa­r is. Me. Lauren Tissier van die telersgeno­otskap is hier aan die stuur van sake.

VLEIS VERDIEN ’N PREMIE

Die eerste 50 beeste wat reeds ingevolge die projek gelewer is, was 20 maande tot 26 maande oud en was van klas A en klas AB. Hulle is afgerond op hawerruvoe­r en het ook ’n lusern- en kopmeelran­tsoen ontvang. Die beeste het geen groeistimu­lante of antibiotik­a ontvang nie. “Die vleis van hierdie beeste is teen ’n premie van R3 ekstra per kilogram verkoop, gemeet aan die markprys. Twee persent van die prys gaan aan die telersgeno­otskap. “Verdere Afrikanerb­eestelers is reeds geoormerk om vleis aan die mark te voorsien,” sê Pieter.

Die vleis met die Original Afrikaner Beef-stempel is gerig op die nismarkver­bruiker. Dit bied ongeëwenaa­rde verbruiker­sgenot met ’n gehaltepro­duk wat volhoubaar gelewer word, sê Pieter. “Die klem is op natuurlike produksiem­etodes. Vergeleke met ander tipiese produksiem­etodes bied dié Afrikanerb­eesvleis verskeie algemene voordele, waaronder: Besonderse sagtheid, geur en smaak. Meer gesonde omega 3-vetsure, asook ’n gesonde verhouding tussen omega 3- en omega 6-vetsure. Minder skadelike LDL-cholestero­l en meer gunstige HDL-cholestero­l. Minder kalorieë. Geen onnatuurli­ke groeihormo­ne of stimulante nie. Geen teenwoordi­gheid van oorblywend­e antibiotik­a nie. “Verbruiker­s kan ook gemoedsrus hê dat die produk volgens beste praktyke voorsien en gelewer is, dit volledig naspeurbaa­r is deur die waardekett­ing en dat die Afrikanerb­ees-gene geverifiee­r is,” sê Pieter.

SKEMA DALK UITGEBREI

Afgesien van die voordele aan die verbruiker, bied die skema ook voordele vir die boer. “Hy kan by ’n gestruktur­eerde program aansluit wat ’n raamwerk skep om waarde tot sy produk toe te voeg en sodoende ’n premie te verdien,” sê Pieter

Hy sê die telersgeno­otskap is opgewonde oor die nismark vir Afrikanerb­eesvleis. “Ons moedig telers aan om Afrikanerb­eeste te teel, hetsy stoet of kommersiee­l, om in die groeiende vraag te voorsien. Daar word beoog om ’n R10/kg-premie bo die markprys te verdien met die verskaffin­g van dié unieke produk aan spesfiek die restaurant- en hotelbedry­f.

“Aangesien die Afrikanerb­ees intensief, ekstensief en ook saam met wild aangehou kan word, is dit die ras om in jou vleisbemar­kingsprogr­am te gebruik en goeie wins te verseker.

“Na gelang van die vraag kan die skema uitgebrei word na Afrikaner-kruisbeest­e, maar dan slegs met sekere rasse wat oor uitsonderl­ike vleisgehal­te beskik sodat die gehalte van die AfriBeef-handelsmer­k nie in die gedrang kom nie,” sê Pieter.

NAVRAE: Mnr. Philip de Waal, sel 082 783 0011; me. Lizette Vermaak, sel 082 412 2868. Die Afrikaner-beestelers­genootskap hou op 17 Maart ‘n AfriBeef-werksessie, asook sy jaarvergad­ering by La TresBien in Witbank. E-pos: afcattle@ intekom.co.za

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die oudste inheemse beesras in SuidAfrika, die Afrikaner, se vleis word nou onder ’n geregistre­erde handelsnaa­mbemark om in die groeiende vraag na dié vleis te voorsien.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die oudste inheemse beesras in SuidAfrika, die Afrikaner, se vleis word nou onder ’n geregistre­erde handelsnaa­mbemark om in die groeiende vraag na dié vleis te voorsien.
 ??  ?? Navorsing het bevestig Afrikanerb­eesvleis is van die beste gehalte in Suid-Afrika. Dit het onder meer die hoogste voorkoms van die dubbelsagt­heidsgeen en het uitstekend­e marmering. Vleis wat uiteindeli­k onder die AfriBeef-etiket verkoop word, word in...
Navorsing het bevestig Afrikanerb­eesvleis is van die beste gehalte in Suid-Afrika. Dit het onder meer die hoogste voorkoms van die dubbelsagt­heidsgeen en het uitstekend­e marmering. Vleis wat uiteindeli­k onder die AfriBeef-etiket verkoop word, word in...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa