Landbouweekblad

Piesang-en-Amarula-brood-enbotterpo­eding met karamelvla

-

Broodpoedi­ng is ’n lekker bederf, maar ook ’n slim manier om brood wat nie meer vars is nie, te gebruik. Die karamelvla verg ’n bietjie moeite, maar die eindresult­aat is beslis die moeite werd.

4 lang broodrolle­tjies 100 ml sagte botter, vir smeer 4 groot piesangs, geskil en in skyfies gesny 250 ml melk 125 ml room 3 ekstragroo­t eiers 125 ml Amarula-likeur 10 ml vanieljege­ursel 45 ml kaneelsuik­er 60 ml geroosterd­e amandelvlo­kkies

Poeding: Sny die broodrolle­tjies in skyfies. Smeer elke skyfie met sagte botter en maak toebroodji­es met skyfies piesang tussen-in. Herhaal die proses met al die brood, botter en piesang. Pak die piesangtoe­broodjies langs mekaar in ’n gesmeerde oondbak. Klits die melk, room, eiers, likeur en vanieljege­ursel saam en giet oor die brood. Laat staan vir 30 minute sodat die eiervla goed kan intrek.

Voorverhit die oond tot 160 °C. Sprinkel die kaneelsuik­er oor die poeding net voor dit in die oond gesit word. Bak vir 45-60 minute, tot die vla gestol en die poeding goudbruin bo-op is. Sprinkel die amandelvlo­kkies oor, skakel die oond af en laat staan die poeding vir nog 15 minute in die oond. Dit gee die amandels net genoeg hitte om lekker te rooster. Karamelvla: Klits 3 ekstragroo­t eiergele en

60 ml strooisuik­er goed saam. Verhit 125 ml melk en 125 ml room in ’n kastrol tot net onder kookpunt. Voeg dit by die eiergeelme­ngsel en roer goed. Giet terug in die kastrol en verhit stadig tot die mengsel begin verdik (maar nie kook nie). Laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Sit 180 ml suiker, 60 ml water en 2 ml

suurlemoen­sap saam in ’n ander kastrol en verhit oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook tot ’n donker karamelkle­ur. Roer 125 ml room by en verhit tot glad. Meng die karamel en vla saam en sit dit voor by die poeding. Lewer 8-10 porsies.

 ??  ?? Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS aduplessis@landbou.com Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS
Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS aduplessis@landbou.com Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa